Bosveld Akademie leerlinge by leierskamp

Bosveld Akademie se Gr 11 leerlinge was 12 tot 14 April op ‘n leierskamp te Middelburg. Hulle het lesings ontvang oor kommunikasievaardigheid, leierskapeienskappe en konflikhantering. Daar is vlotte gebou, Vlugbal gespeel en saans na Bybelstudie, is daar tot laat om die kampvure gekuier. Die leerlinge het teruggekom met wysheid en kennis en het sommer baie vriende gemaak.