Karate dogter presteer

THABAZIMBI – ‘n Leerling van Bosveld Akademie, Marlize Botha, het op 9 April weer  Noord Gauteng kleure in karate ontvang. Sy is ook die eerste dogter van Bosveld Karate Akademie wat hierdie prestasie behaal.
Marlize het in 2000 begin met karate en die eerste maal Noord Gauteng kleure verwerf na net drie maande se afrigting. Sy het aan die einde van haar Gr 7 jaar, toekennings ontvang vir beste dogter in karate en kumite.
Marlize ontvang ook in 2003/04 haar Noord-Wes kleure en is reeds op drie geleenthede as SA kampioen aangewys. Die afgelope vyf jaar het sy reeds 25 goud-, 20 silwer- en 8 brons medaljes ingepalm.
Sy vertrek eersdaags na Bloemfontein waar sy op 13 en 14 Mei aan die Alle Style SA Kampioenskappe gaan deelneem. Marlize sal ook later vanjaar in Kimberley aan die Ryushin-Kan SA Kampioenskappe deelneem. Sy word die afgelope paar jaar afgerig deur Sensei Marius Ferreira.