Jong atleet presteer

THABAZIMBI – Amri Schlebusch (9), wat in sy privaathoedanigheid aan marathonne deelneem, het op 29 Januarie aan die 5 kilometer McCarthy Toyota Marathon deelgeneem te Pretoria en eindig met ‘n tyd van 24:07. Amri behaal die algehele negende plek en ontvang ‘n goue medalje.
Sy tweede wedren vir die jaar was op 12 Februarie tydens die 5 kilometer Rustenburg Platinum Marathon. Hy stel ‘n tyd van 25:47 op en ontvang ‘n goue medalje. Op 19 Maart behaal hy ‘n brons medalje tydens die 5 kilometer Om-die-dam Marathon. Gedurende Mei maand sal Amri aan die 5 kilometer Nylstroom/Warmbad Marathon deelneem.
Amri is ‘n leerling van Laerskool Thabazimbi.