Dalinda by Expo

THABAZIMBI – Die alom bekende en beminde Dalina Snyman, bosveldnooi van formaat, sal op 29 en 30 April by die Expo te sien wees. Hierdie keer sal dit egter nie wees as “Wildsfeeskoningin” nie, maar as die gewilde sangeres van onder meer “Toor met my”. Dalinda gaan Vrydag, 29 April vanaf 14:30 tot 15:00 en Saterdag vanaf 17:00 tot 17:30 optree.
Sy het in die bosveld grootgeword en by Hoërskool Frikkie Meyer gematrikuleer. Dalinda was ‘n finalis in die ATKV Crescendo, en ontvang in 2003 die Geraas toekenning. Sy is pas terug van ‘n toer deur London en Swede en gaan die Expo aan die brand sing. Moet nie hierdie talentvolle bosveldnooi se optrede misloop nie.

Thabazimbi Expo

Ads