General

Bulletjies hard aan die speel

Die O/6, O/7 en O/8 bulletjies rugbyspelers het verlede naweek teen Koedoeskop, Musina, Polokwane en Warmbad te Warmbad gespeel. Teen ongeveer 15:00 is spel onderbreek deur reën. Die spannetjies het almal goed gevaar en is hard aan die werk met hul oefening vir die byeenkoms op 23 April te Thabapark.
Skole wat teenwoordig sal wees is Nylstroom, Warmbad, Koedoeskop, Dwaalboom, Van Wykskraal en Brits insluit. Die eerste wedstryd skop reeds om 09:00 af. Kosstalletjies sal beskikbaar wees en almal word vriendelik genooi om die dag saam te kom geniet.