Groot pryse in poësie kompetisie

Die Poësie Instituut van Suid-Afrika gaan hul 39ste jaarlikse poësie kompetisie aanbied en gaan weer meer as R10 000 se pryse weggee vir gedigte in Afrika. Enige gedig, hetsy voorheen gepubliseer of nie, mag ingeskryf word vir hierdie kompetisie – en dalk ‘n wenner wees.
Die kompetisie is oop vir enige digter van enige ouderdom en enige onderwerp of styl is aanvaarbaar. Daar sal geen inskrywingsgelde betaalbaar wees nie, en die afsnydatum vir inskrywings is 31 Mei 2005.
Die gedig moet die oorspronklike weergawe wees en bestaan uit 24 verse reëls of minder. Buiten die kans om een van die pryse te wen, sal baie van die gedigte gepubliseer word in ‘n hardeband boek, “Anthology of Verse”.
Om in te skryf moet deelnemers slegs een oorspronklike gedig instuur, in Afrikaans of Engels, en rig aan die Poetry Institute of Africa, PO Box 2516, Port Shepstone, 4240.
Die digter se naam en adres moet bo-aan die bladsy waarop die gedig geskryf is, verskyn. Getikte gedigte word aanbeveel, maar is nie ‘n vereiste nie. E-pos inskrywings is welkom en moet aan pia@poetry.co.za gestuur word.

Versamelde Gedigte: Van Wyk Louw