Gewilde Santam toekenning weer na Thaba

THABAZIMBI – Die gewilde Santam toekennings is vir die tweede agtereenvolgende jaar in Thabazimbi se midde. Die Diamant toekenning is aan Johan Potgieter van Elbro Ondernemings oorhandig en Skobol Swanepoel van S&T Makelaars het die Goue toekenning ontvang. Hierdie gesogte toekenning word in die Brits streek onder ongeveer vyftig makelaars beoordeel na aanleiding van hoeveelheid besigheid geskryf, eise verhoudings en goeie kliënte diens.