Rotarieërs skenk na plaasaanval
Die Rotarieërklub in Louis Trichardt het ingegryp en ‘n rolstoel geskenk aan me Keyter wat beseer is na ‘n plaasaanval. Mnr Keyter is in die bloedige aanval dood en me Keyter het ernstige beserings opgedoen nadat die aanvallers ‘n yskas op haar omgekeer het. Sy kan nie meer loop nie en het spesiale sorg nodig.
Die oorhandigings seremonie het op 25 Februarie plaasgevind en mnr Jock Veldhuizen van die rotarieërklub op Louis Trichardt het die rolstoel aan me Keyter oorhandig. Me Susan Veldhuizen, verteenwoordiger van die rotarieërklub, het die familie uitgenooi om haar te kontak indien me Keyter enige verdere hulp benodig. By die geleentheid het mnr Johan Bezuidenhout, voorsitter van die Bobrak TLU – SA tak, het die klub bedank vir hierdie wonderlike donasie.
Mnr Joubert, voorsitter van TLU – SA, het weereens ‘n beroep op die MEC van Veiligheid en Sekuriteit en die SAPD in die Limpopo Provinsie gedoen om ernstige waarskuwings van georganiseerde landbou aan te hoor, dat Suid-Afrika in geheel nie langer die geweldadige effekte van hierdie sinlose en brutale moorde gaan duld nie.