Bosveld Bruidskompetisie vir 2006

THABAZIMBI – Die SAVF tak Thabazimbi hou weer in 2006 ‘n Bosveld Bruidskompetisie. Die fondse wat ingevorder word gaan vir die Maatskaplike Dienskantoor en liefdadigheidswerk.
Die kroningsgeleentheid vind einde April 2006, tydens die Wilds Expo plaas. Pragtige pryse is op die spel, onder andere ook kontant. Alle bruide van 2004 en 2005 word nou al uitgenooi om in te skryf. Inskrywingsgelde beloop R100 en inskrywingsvorms is beskikbaar by die Maatskaplike Dienskantoor. Vir verdere navrae, kontak Marieta by 082 926 8594 of Rachel by (014) 777 1093.