Jongboer Konferensie 2005
Die voorsitter van die TLU – SA Noordstreek, mnr Dries Joubert, herinner Boerevereenigings aan die Jongboer Konferensie wat op Vrydag, 11 Maart 2005 in Pretoria by die WNNR sal plaasvind.
TLU – SA bied hiermee ‘n unieke geleentheid aan die Jong Boere (jonger as 35 jaar) om nuwe kennis in te win oor aktuele sake wat die landbou raak. Verskeie sprekers sal die konferensiegangers bemagtig. Mnr Paul van der Walt, TLU – SA president, sal die konferensie gangers toespreek met die tema “Kampioen Boer met TLU – SA”.
Mnr Bennie van Zyl, TLU – SA hoofbestuurder, sal die konferensie gangers toespreek oor “Ekonomiese bemagtiging”. Ander sprekers sluit in mnr Pieter Nel van John Deere Suid-Afrika, mnr Karel Erichsen van Northmec en mnr Rienhard Kuschke van Mutual en Federal oesversekering.
Na middagete sal mnr Johan Pretorius van Intfin die kongres toespreek in verband met “Intfin – Kampioen oplossing vir kampioen boere”. ‘n Onthaal sal later die aand aangebied word.
NTK – Limpopo het goedgunstiglik besluit om registrasiegelde van lede wat geregistreer is, en in die Limpopo Provinsie woonagtig is, te borg. Dit sluit ook die onthaal na die konferensie in. Mnr Dries Joubert het sy dank teenoor NTK uitgespreek vir die borgskap en die welwillende gebaar.