Absa borg vlaggies vir swem
THABAZIMBI – Absa Thabazimbi het deur harde werk en toewyding van mnr Duane Frost, ‘n groot bydrae gelewer vir die swemmers van Thabazimbi in die vorm van vlaggies by Hoërskool Frikkie Meyer se swembad.
Die vlaggies is ‘n onontbeerlik item vir swemmers by oefening en gala, en hul moes lank daarsonder klaarkom. Die vlaggies help die swemmers, wat veral rugslag swem, om te bepaal hoe ver hulle van die kantlyn af is. Dit verhoed dat daar onnodige ongelukke gebeur en swemmers beseer word.
Eerskomende Vrydag en Saterdag, 4 en 5 Maart, sal ses laerskool swemmers aan die SA kampioenskappe te Bloemfontein deelneem. Die sewe hoërskool swemmers wat aan die SA’s gaan deelneem sal ook eerskomende naweek te Durban in aksie wees.