General

Mabula VLU nuus

Die Mabula VLU tak het tydens die jaarlikse reorganisasie vergadering, Woensdag, 9 Februarie, ‘n nuwe bestuur gekies. Die voorsitter is Annatjie Kruger, die visie-voorsitter is Susan Lange, die skakelbeampte is Corrie van Wyngaardt, die sekretaresse is Ria Burger en die tesouriere is Hettie Marais. Addisionele lede is Mick Venter, Vanessa Diederiks en Bettie Kruger.
Die nuwe jaar beloof om ‘n baie opwindende jaar te wees en die Tema van die jaar is “wees ‘n wakker verbruiker”. Die kunstenaar van die jaar is Mimi Coertze en die skrywer van die jaar is Riana Scheepers. Daar word ook interessante uitstappies demonstrasie werkklasse vir 2005 beplan. Almal is welkom om die volgende vergadering van 9 Maart by te woon. Dit sal handel oor studie rigting en gesondheid. Corrie van Wyngaardt, skakelbeampte, kan gekontak word by 082 291 3253.