AgriculturalEditorialFeatured

Kommentaar: Nuwe invoertariewe bedreig Suid-Afrika se vrugtesektor

Tariefverhogings van Amerika op ingevoerde goedere wat van toepassing is op vrugte uitvoerders bedreig sowat 35 000 werkgeleenthede in Suid-Afrika en verskeie dorpe in die land se sitrussektor staar ondergang in die gesig.

Die ‘The Independent’ se Gerald Imray berig dat volgens bewerings wat deur ʼn vereniging van sitrusboere gemaak is gaan die 30 persent tafiefverhogings wat deur die Trump Administrasie ingestel is ʼn bedreiging vir gemeenskappe en die ekonomië van talle dorpe in die sitrus streke inhou.

Die “Citrus Growers’ Association of Southern Africa” sê dat die tariewe, wat vanaf Woensdag 9 April van toepassing was, groot skade aan Suid-Afrika se grootste uitvoermark aanrig, juis op die stadium en die spesifieke week wat die eerst besending na Amerika reg is vir verpakking.

Suid-Afrika is die wêreld se tweede grootste uitvoerder van lemoene naas Spanje en die vierde grootste van alle sagte sitrusprodukte.

Ongeveer 5-6 persent van sitrus uitvoere is vir Amerika bestem. Dit is meer as 6,5 miljoen kartonne per jaar en baie plaaslike dorpe is doelgerig ingestel op die Amerikaanse mark.

Buiten sitrus sluit die hoof lanbou-gerigte uitvoere na Amerika ook wyn, druiwe en neute in. Alles produkte wat voorheen die Amerikaanse mark sonder invoerheffings bereik het.

Vir die korttermyn sal die Suid-Afrikaanse regering dringind met Washington moet begin praat om enige misverstande uit te skakel aangesien dit vir Suid-Afrika dringend en kritiek is om toegang tot hierdie mark te behou.

Die Trump Administrasie se drastiese vermindering in buitelandse hulp het ʼn merkbare uitwerking op Suid-Afrika se VIGS-program, een van die grootste in die wêreld en raak sowat 5,5 miljoen mense.

Trump het ook alle federale befondsing aan Suid-Afrika gestop, weens wat hy die mishandeling deur die Suid-Afrikaanse regering van wit minderheids boere noem, baie waarvan nou nog erger deur die 30 persent invoerverhogings benadeel gaan word.

Di nie-winsgewende nuusblad, The Conversation, sê in ʼn artikel dat daar vanaf owerheidskant doelgerigte pogings aanwend moet word om die moontlikhede van ander markte wat nog nie benut word nie deeglik te ondersoek.

Dit sluit die dinamiese markte aan die Golf en Asië in waar Saudi Arabië, die Verenigde Arabiese Emirites en Qatar aan die Golf en in Asië, Indië en Viëtnam ook oplossings kan bied.

Verder moet daar daar saamhorigheid wees sover dit die kommersiële en politieke aspirasies betref, wat hoofsaaklik beteken dat die regering en georganiseerde landbou die huis in orde moet kry.
Veral aspekte soos die beheer van siektes en peste waar Staatsbeheerde instansies soos Onderstepoort ʼn kardinale rol vertolk deur die vervaardiging en ontwikkeling van entstowwe wat broodnodig is om die uitvoermark te beskerm.

Sluit hierby in die uitvoer-hawens wat in die algemeen onderworpe is aan wanbestuur, nie alleen die uitvoerende personeel nie maar ook opgraderings en inastandhouding wat die invoer en uitvoerhandel kan bevorder.

Geen vertragings by hawens kan nie meer geduld word nie, veral nie as die hele besending uitvoer vrugte in houers lê en vrot word as gevolg van die rondslomp van staatsdiens amptenarye wat nie die volumes kan hanteer nie.

Met korrupsie as skynbaar steeds die hoogste prioriteit in alle begrotings deur die staat moet daar vir ʼn verandering gekonsentreer word op wat in die beste belang van die land en sy inwoners is en nie hoe kaders, gesinslede en tenderpreneur vergoed kan word nie.

Dit vat lank om ʼn uitvoerkontrak daar te stel – hou net in gedagte dat dit meer as ʼn dekade geneem het net om die Thailand se mark vir uitvoer-appels vanaf Suid-Afrika weer oop te stel.

Die skade wat voëlgriep en bek-en-klouseer op Suid-Afrika se uitvoerkontrakte veroorsaak kan nie verder geduld word nie.

Alles te wyte aan swak administrasie en agteruitgang in dienslewering deur die betrokke staatsinstansies wat oor die nodige fasiliteite moet beskik en wat moet verseker dat bevoegde personeel en uitvoerende beamptes daargestel word.

Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël (Sedert 1983)