Gordonsbaai – Projek om strand se sandvlak te verlaag
Scroll down to see more
Gordonsbaai is een van die aangrensende kusdorpe binne Groter Kaapstad wat geoogmerk is vir die jaarlikse verlaging van strande, om die effek van waaisand wat in aangrensende strate beland drasties te verminder, deur die profiel van die strand te herstel.
Die program, wat vir die verlaging van die sandvlak by verskeie strande in Groter Kaapstad voorsiening maak, is Dinsdag 1 Oktober van stapel gestuur.
Die verlaging word jaarliks gedoen om groter stabiliteit te verseker op strande waar die wisselende kusstelsels, veral die wind en hoë deinings, groot verskuiwing van sand meebring.
Die waaisand hoop op teen die skutmure wat die strand van strate skei, waai oor die mure na die sypaadjies en uiteindelik beland dit in die strate en aangrensende parkeerareas asook teen nabygeleë geboue.
Die verlaging van die strandvlak verseker dat ʼn groter gedeelte van die strand blootgestel word aan hooggety wat toelaat dat die strand oor ‘n groter gebied deur die see nat gehou word. Hierdeur bereik minder van die droë waaisand die aangrensende straatoppervlaktes en aangrensende strukture.
Hierdie projek om strande se profiel te herstel is deel uit van die ruimtelike ontwikkelings- en ekonomiesebeplanning vir enkele strande wat tot voordeel van besoekers aan die strande geskied met die gelyktydige ondersteuning van plaaslike besighede in die strandgebiede as einddoel.
“Daar word beplan om hierdie werk voor die Feesseisoen aanbreek te voltooi om hierdeur te verseker dat baaiers ʼn genotvolle tyd op hierdie strande kan geniet,” ʼn lid van die Komitee vir Ruimtelike Beplanning en die Omgewing, Alderman Eddie Andrews.
Andrews het verder bygevoeg dat, indien alles volgens plan verloop, die voorlopinge datum vir die voltooiing van die projek gestel is vir Vrydag 8 November.
Ter verduideliking het hy gesê: “Die projek word uitgevoer om voor die aanvang van die somer windseisoen, die beweging van waaisand so ver as moontlik te beperk.”
Alhoewel toegang tot die strande nie beperk sal word nie, word baaiers en gebruikers gemaan om, terwyl hulle op die strand is, ʼn veilige afstand vanaf masjiene te handhaaf.
Die strande wat deur die strandverlagings-projek geteiken is, is as volg;
Vishoek strand:
Vanaf Jager’s Walk (voor die Galley Restaurant tot by die stormwater uitlaat voor die hoof parkeerarea.
Muizenbergstrand:
Vanaf Surfer’s Corner to by die Zandvlei riviermond.
Gordonsbaai strand:
Vanaf Spur restaurant tot by die einde van die parkeer area noord daarvan.
Bikini Beach – Gordonsbaai:
Die volle lengte van die strand.
(Sien aangehegte foto’s waar werkers reeds begin het om die sand fisies van die aangrensende straat- en parkering-oppervlaktes te skraap en skoon sand terug op die strand te gooi.)







Compiled by Pieter Coetzee – kwevoel@kwevoel.co.za
Annual beach lowering at Fish Hoek, Muizenberg, Gordon’s Bay and Bikini Beach
Cape Town City got off the ground with its annual beach lowering programme by initialising this project on Tuesday 1 October 2024.
This re-profiling or beach lowering is important in maintaining stability in highly altered coastal systems to mitigate and manage windblown sand. Work will commence from Fish Hoek to Muizenberg, and Gordon’s Bay to Bikini Beach.
“The lowering of beach sand levels enables greater areas of the beach to become wet during high tides, therefore limiting the potential for wind-blown sand to inundate adjacent roads and infrastructure.
We are aiming to complete the work ahead of the festive season to ensure beachgoers have unhindered fun when next they visit these beaches,” said Committee Member for Spatial Planning and Environment, Alderman Eddie Andrews.
The following areas along the beaches will be lowered:
- Fish Hoek beach: From Jager’s Walk (in front of the Galley Restaurant) to the stormwater outlet in front of the main parking area
- Muizenberg beach: From Surfer’s Corner to the Zandvlei River mouth
- Gordon’s Bay beach: From the Spur restaurant to the end of the parking area in the north
- Bikini Beach: The entire length of beach
The abovementioned beaches will be mechanically lowered from Tuesday, 1 October 2024, if all goes as planned. The provisional completion date is Friday, 8 November 2024, prior to the summer wind season to reduce windblown sand problems in these areas.
Although beach access will not be restricted during the course of the work, users are advised to keep a safe distance from the machinery while on the beach.
Refer pictures taken at Bikini Beach where workers are busy removing sand from the adjacent paving and parking areas.