EntertainmentFeatured

Vermaak met Neil Sandilands en orkes by Thaba Nkwe

Neil Sandilands maak op sy huidige toer deur Suid-Arika ʼn draai op Thabazimbi en wel by Thaba Nkwe Restaurant op Woensdag 10 Julie.

In Suid-Afrika is Neil veral bekend vir sy rol as Bart Kruger in 7de Laan wat hy vanaf 2000 tot 2007 gespeel het. Hy het hierna na Los Angeles in Amerika verskuif waar hy gedurende 2010 ʼn rol in die Amerikaans Drama reeks, House, losgeslaan en het kort daarna na Suid-Afrika teruggekeer.

Tuis het hy verskeie rolle in plaaslike produksies vertolk, met onderandere die film Die Ballade van Robbie de Wee wat verskeie toekennings verwerf het.

Gedurende 2014 is Neil terug na Hollywood waar hy in verskeie films rolle vertolk het.

Dié EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant toer tans weer die land plat met sy raakvat orkes bestaande uit Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.

“Dié winertoer is selfs meer omvattend,” sê Neil, “Ons reis 40 dae en 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand,” wat ook die title van die toer is.

Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse, Allegaarkie vir ’n Askeet, Die Groot 5, Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie.

Die toer het op 3 Julie in Kimberly weggespring waarna Bloemfontein op 4 Julie aan die beurt gekom het met daaglikse optredes daarna in Pretoria, Secuna en Sasolburg. Hierna is dit Rustenburg op 9 Julie en Woensdag 10 Julie op Thabazimbi by Thaba Nkwe.

Toegang beloop R200 per persoon waar hulle vanaf 6:00pm tot 10:00pm saam lekker gaan kuier en musiek maak.

Na Thabazimbi is die volgende besoekpunt op Naboomspruit en vertrek hulle daarvan verder noord om by Tzaneen en Hoedspruit te draai, deur Witrivier en daarna Mbombela, waar hulle op 17 Julie by The Pub en op 18 Julie by die Kwanyoni Lodge gaan optree.

Deur Middelburg keer hulle terug vir nog drie vertonings in Pretoria naamlik by Die Blou Hond, Pierneef Teater en Café Barcelona.

Die laaste vertoning op die toer is op 25 Julie in Krugersdorp.

Die optrede by Thaba Nkwe beloof om ʼn unieke aand van uithaler vermaak deur van die land se voorste musikante op te lewer wat beslis die plaaslike gemeenskap se ondersteuning verdien.

Moenie die geleentheid misloop om van ons beste ‘jonger’ geslag musikante in aksie te sien nie en bespreek sommer nou jou kaartjie.

Besonderhede vir besprekings kan verkry word op die aangehegte advertensie.

Gebruik gerus hierdie aand as ʼn uithaler winterskuiergeleentheid saam met vriende in ʼn
ontspanne warm atmosfeer.