Suid-Afrika se vaardigheidsprobleme massief

Om te leer om fiets te ry is ʼn spesifieke vaardigheid en nie die sleutel tot die geheim om die vaardigheidsprobleem op te los nie.

Vaardighede is die grootste struikelblok in die weg daarvan om die land se ekonomie te laat groei. Suid-Afrika se probleem sluip in by die benadering tot die probleem en om ʼn oplossing hiervoor te vind.

Die regte vaardighede om die ekonomiese groeiprobleem op te los moet geïdentifiseer word en hierby is twee aspekte betrokke.

Eerstens, met betrekking tot die omskrywing van ʼn “vaardigheid”, word verwys na die bevoegdheid vervat in die kennis sowel as die praktiese ondervinding deur die toepassing van die vaardigheid.

Bevoegdheid kom deur ervaring en word in die werksituasie, deur skole, universiteite, kort kusrsusse en indiens-opleiding in die werksplek ontwikkel.

Ongelukkig lei dit tot die misleidende idee dat solank jy kan bepaal of die leerders in staat is om ʼn vaardigheid te bemeester, hoef daar net eenvoudig die regte onderwys verskaf word wat hulle in staat sal stel om dit relatief maklik te verkry.

Dit is ongelukkig net van toepassing vir ʼn spesifieke vaardigheid soos om te leer fietsry.

Tweedens moet besef word dat ʼn vaardigheid geskep word deur verskye bepaalde stelsels wat insluit die spesifieke toepassing, ekonomie van en instansies wat dit bedryf asook deur sosiale netwerke.

“Vaardighede” is nie ʼn veranderlike wat op sy eie kan aanpas om die gewensde verandering in die veranderde ekonomie te bewerkstellig nie. Indien daar veranderinge in die stelsel is vir ʼn spesifieke vaardigheid moet die kompleksiteit hierby betrokke deeglik verstaan word.

Bevoegdheid vereis vaardigheid om ʼn taak te verrig en moet nie verwar word kwalifikasie nie.
Net so min kan probleemoplossing nie as ʼn losstaande vaardigheid ontwikkel word nie maar word ontwikkel as deel van bevoegdheid.

Ongelukkig sit ons opgeskeep met ʼn onderwysstelsel wat leerders daarop voorberei dat hulle bevoeg is vir enige werk solank hulle ʼn onsinnige universiteits- of kollege-kwalifikasie agter hulle naam kan skryf.

Dit is steeds staande praktyk dat ingenieurs wat hulle universiteitgraadkursus voltooi het ʼn jaar of wat as ingenieur-in-opleiding moet werk voordat hy/sy bevoegd geag word om as professionele ingenieur te praktiseer.

Dieselfde geld vir mediese praktisyns wat eers hul praktiese jaar moet voltooi voordat hulle professionele status verdien.

Die lawaai om De Ruyter se kop dat hy as Hoofbestuurder van Eskom uit sy posisie geskop moet word omdat hy nie ʼn ingenieur is nie, wys op die totale sotlike mistasting oor bevoegdheid en kwalifikasie.
Intussen is geen mate van bevoegdheid of geletterdheid blykbaar ter sprake om te kwalifiseer om sitting in die parlement te verkry nie.

ʼn Ingenieur wat nie bevoegd is om ʼn groot organisasie soos Eskom te bestuur en ekonomies te bedryf nie, gaan ook niks kan doen om Eskom uit sy gemors te red nie.

Met BBBEE is daar soveel beperkinge op bevoegde personeel wat oor die regte vaardighede beskik om die werk te verrig dat die meeste kwalifiserende persone nie aangestel mag word nie as gevolg van hulle ras. Die gevolg is dat onbevoegde mense sonder die nodige vernuf aangestel word op grond van hulle ras.

Ek sal graag wil sien hoe ʼn ingenieur van hierdie tameletjie ontslae gaan raak sonder om beurtkrag nog verder hand uit te laat ruk.

Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël

Bron