EntertainmentFeatured

Lizz Meiring gaan ’n Mooi Storie vertel

Lizz Meiring kom vertel ’n Mooi Storie by die KunsteGrot op Thabazimbi en daarmee saam gaan sy nege jaar se tradisie van die KunsteGrot op die huidige perseel afsluit. Die vertoning is op Vrydag 6 Mei en begin om 19:00.

Soos almal weet is die KunsteGrot van bydraes van hul ondersteuners en borgskappe vanuit die sakesektor afhanklik om hierdie uitstekende fasiliteit aan die gemeenskap te bied.

By die KunsteGrot word daar word nie net vertonings deur van Suid-Afrika se voorste vermaaklikheidskunstenaars, insluitend toneelstukke en opvoerings deur van die top akteurs in die land aangebied nie, maar dit bied ook die platform vir drama opleiding van klein tot volwasse.

Met Rita Volschenk wat persoonlik baie insette lewer te opsigte van laasgenoemde asook die aanbieding van die verskeie kunste- en skryfkompetisies deur ondermeer die ATKV asook plaaslike Eisteddfods, verg dit baie om steeds die perseel van die KunsteGrot ook in bedryf te hou. Haar studente neem ook aan verskeie drama en kunstekompetisies deel, beide op plaaslike- en nasionale-vlak en vaar telkens uitstekend.

Weens omstandighede buite haar beheer verhuis die KunsteGrot nou weereens, na nege jaar van talle hoogtepunte, na ’n ander perseel. Lizz Meiring se vertoning op 6 Mei gaan dus die laaste kunstenaarsoptrede op die huidige perseel wees.

Lizz het ’n Mooi Storie om te vertel – kom sluit saam met haar die Mooi Storie van die KunsteGrot se suksesse op die huidige perseel af. Neem saam afskeid van die tuiste van die KunsteGrot vir die laaste nege jaar.

’n Bonus van afslagpryse op kaartjies vir almal wat van nou af tot en met 30 April bespreek en betaal is van toepassing. Kontak nou vir Rita by 083 744 8559 en bespreek jou kaartjie of tafel. Pak gerus daai piekniekmandjies met genoeg eet- en drinkgoed en geniet die aand saam met vriende en familie.

Soos dit nou maar in die vermaaklikheidswêreld gaan – “The Show Must Go On” – maak jou maar reg vir Jannie Moolman en Blackie Swart vir Vrydag 10 Junie in die nuwe perseel. Meer hieroor later.