BusinessFeaturedHealth

Klankgrens by Medhof Apteek vir jou gehoor probleme

Gehoor is seker die belangrikste sintuig wat sedert geboorte jou lewenslyn is tot hierdie vinnig verander lewe waaraan ons blootgestel word.

Moenie wag totdat jou kind agterraak met skoolwerk om gehoorprobleme te identifiseer nie.

Moenie op lippelees staatmaak nie. As jy iemand se gesig moet kyk om ’n gesprek te volg, het jy dalk ’n gehoorprobleem.

 – Klankgrens by Medhof Apteek kan help.

Sien advertensie en verdere artikel hier onder.

Gehoor – Die afgeskeepte sintuig

Ons vyf sintuie naamlik smaak, reuk, gehoor, sig en gevoel, maak elke sekonde van jou lewe ’n unieke ondervinding. Jy kry ’n bril om beter te sien, besoek die tandarts en oefen vir beter gesondheid. Tog as dit by gehoorverlies kom wag ons hopeloos te lank voordat ons hulp soek.

Hardhorendheid kom nie net by ouer mense voor nie. Gehoor is in sekere opsigte die belangrikste sintuig sedert geboorte. Dit is jou lewenslyn tot die veranderde wêreld om jou. Jou gehoor is die band wat jou bind met jou kollegas, vriende en die belangrikste, die mense wat jy liefhet.

Om hierdie rede benadeel gehoorverlies die kommunikasie-ontwikkeling van babas wat ’n gehoorgebrek het. Gehoorverlies kan reeds van so vroeg as een week na geboorte vasgestel word. Dit is beslis ’n rede om jou kind te laat toets indien jy enige probleme vermoed en nie te wag totdat die kind op skool agterraak en nie die onderwyser verstaan weens gehoorverlies.

’n Dokter kan gou bepaal of die kind dalk kroniese oorontsteking het wat medies behandel kan word. Indien dit nie die geval is nie, is sommige tekens van gehoorverlies by kinders ondermeer: Die kind reageer nie op klank nie; reageer nie as jy roep nie; jy moet harder praat of herhaal wat jy sê; die kind maak tekens of beduie eerder as om te praat.

Indien jy enige van die bogenoemde in jou kind se gedrag waarneem, is dit raadsaam om ’n gehoordeskundige te besoek.

Lawaaierige werkomstandighede by volwasse persone kan ook ondermeer tot gehoorverlies aanleiding gee. Soos mens ouer word, is gehoorverlies reeds op ’n vroeë ouderdom meer pertinent by sommige mense as by ander.

Jy kan steeds al die geluide hoor maar volg dit soms moeilik om ’n gesprek, veral in restaurante waar baie mense gelyktydig praat, te volg. Soos jou gehoor verswak neem jou frustrasie toe en raak jy afgesny van familie en vriende.

Daar word gereken dat een uit elke ses volwassenes een of ander mate van gehoorverlies ervaar. Geringe gehoorverlies gaan reeds veroorsaak dat jy gaan sukkel om gesprekke te volg. Dit is tog raadsaam om die volgende ses vrae te beantwoord met ’n JA, of NEE:
Praat mense om jou saggies of mompel hulle?
Vind jy dit moeilik om gesprekke te volg tussen mense?
Moet jy die TV of radio se volume harder stel?
Kla vriende en familie dat hulle gereeld hulself moet herhaal as hulle met jou praat?
Moet jy mense in die gesig kyk om te verstaan wat hulle sê?
Bemerk jou nie meer die alledaagse klanke soos voëlsang, voetstappe of is die staanhorlosie se tik-tok afwesig.
Indien jy JA, op die meeste van hierdie vra antwoord, het jy ’n deskundige nodig om jou probleem te bepaal en ’n gehoorapparaat voor te skryf sodat jy weer die voëls se getjirp soggens kan hoor.

MIETE:
Gehoorverlies affekteer net jou gehoor.
FEIT:
Onwaar: ’n Gehoorverlies beïnvloed ook jou geestelike energie, vermoë om gesprekke op te roep en jou deelname aan sosiale aktiwiteite.

Moenie wag dat die situasie bogenoemde vlakke bereik voordat jy hulp soek nie. Maak nou ’n afspraak met ons deskundige by Klankgrens – Binne Medhof Apteek – vir ’n gehoortoets.

Frustrasies met die mense om jou wat weens gehoorverlies aanwesig is, is nie die moeite werd nie. Te veel kwaliteit-tyd gaan hiermee verlore.

Alle gehoorapparate sal jou gehoor verbeter en by Klankgrens sal hulle jou met raad en daad bystaan oor watter gehoorapparaat jou spesifieke doel sal vervul.