EntertainmentFeatured

Deon gaan Groot by Plaasjapie

Deon Groot het sy naam gestand gehou deur te wys dat hy ’n groot partytjie aan die gang kan kry, dit met die gewillige samewerking van die publiek wat nie eintlik juis oor veel sangtalent beskik het nie.

Dit het nie lank geneem nadat Lourens op die tromme sy eerste trom-rol gedoen het nie, dat Deon tussen die mense inbeweeg het en hulle behoorlik aan die gang gekry het om saam te sing.

Deon is net so op sy gemak op die verhoog as tussen die gehoor en sal beslis in die toekoms steeds ’n partytjie lekker aan die gang kan hou.

Deon skryf ook van sy liedjies self, wat ’n meer persoonlike aanklank aan sy vertoning gee.

Lourens op die tromme is ’n ware meester wat dan ook vir ’n uitstekende trom-solo gesorg het, beslis een van die land se voorste trom-spelers.

Plaasjapie Restaurant skud nou sy vere reg vir Anton Goosen – Alias Liedjieboer – wat Vrydagaand 25 Maart by Plaasjapie gaan optree. Mens kan verwag dat Anton steeds sy gewildheid in die loop van die jare heen behou het en dit gaan beslis tot jou voordeel wees indien jy nou reeds jou tafel vir jou en jou vriende bespreek.

As liedjieskrywer vir van die land se voorste Afrikaanse sangers en sy aansteeklike Kaapse aanslag, het Anton reeds in die sewentigerjare vir homself as een van die beste in die land onderskei.

Bespreek nou en verseker dat jy ook daar gaan wees as Liedjieboer die verhoog betree.

Meer inligting in die plakkaat onder hierdie plasing.