Dagdroom sorg vir opskopmusiek by Plaasjapie
Dagdroom het Vrydagaand 28 Januarie by Plaasjapie Restaurant opgetree en mens kan baie goed verstaan hoekom hulle een van die min groepe is wat hul bestaan feitlik net uit hulle musiek maak.
Die groep bestaan uit Adriaan – vokaal en tromme, JJ – vokaal en kitaar en die nuutste toevoeging, Dirkie – vokaal, klawerbord en kitaar. Al drie kunstenaars is bedrewe met hul instrumente en saam tower hulle musiek op uit die sestigs, sewentigs tot Koos Kombuis se Johnnie is nie dood nie . . . net uitgepaas.
Die lekker rock waarmee hulle voor die dag kom, laat die voete jeuk op die ritme van ’n lekker jive nommertjie. As jy nie wil dans nie kan jy maar net die lekker saamluister musiek geniet.
Alhoewel Dagdroom die land deurkruis met hulle optredes, was hierdie hulle eerste kennismaking met Thabazimbi. As mens die reaksie van besoekers by Plaasjapie in ag neem en sien hoe die manne van Dagdroom hulle op die verhoog geniet het, kan mens verseker weet dat dit beslis nie hulle eerste en laaste besoek was nie.
Hou Kwêvoël dop vir ’n verdere optrede en met nuus oor die kunstenaars wat by Plaasjapie optree. Beslis die gewildste kuierplek vir lewendige vermaak – moet dit nie misloop nie.
Besoek hulle gerus vir die beste braaigeregte en bykosse soos braaibroodjies, pap en sous, chips en pizzas.
Sien ook Kwêvoël vir spesiale aanbiedinge vanuit die kombuis en die kroeg – Oop vanaf 10:00 tot laat – elke dag.
Vir meer inligting kontak gerus 072 368 3525.