Jukskei Skole SA’s – HFM se seuns stap weg as beste span
Die Jukskeispan van Hoërskool Frikkie Meyer wat gedurende Desember 2021 aan die SA-skole Jukskei Toernooi deelgeneem het, het met puik prestasies na Thabazimbi terug gekeer.
Die toernooi is van 12 tot 17 Desember 2021 te Kroonstad aangebied.
Vyf van HFM se seuns het aan die toernooi deelgeneem. Hulle wen die driespel wedstryde en tree uit as die heel beste in Suid-Afrika. Hulle wen ook die vierspel en word aangewys as die wenspan in Suid-Afrika en ontvang almal goue medaljes.
Hierdie prestasie is twintig jaar gelede deur Limpopo se 0/19 seuns behaal. Wat Frikkie Meyer se prestasie nog groter maak is die feit dat drie van die seuns lede van die o/16-A jukskeispan is.
Die spanbestuurder, Gerhard Booyens, ontvang ook ‘n goue medalje tydens die geleentheid ontvang.