HFM Interhuis-swemgala lewer rekords

Die jaarlikse interhuisswem het Dinsdag 18 Januarie plaasgevind met die ondersteuners wat hul spanne behoorlik aangemoedig het.

Dit was dan ook ‘n uitstekende dag met puik prestasies. Die groot trofeë het gegaan aan: Senior Victor Ludorm – Tristan Brits, Senior Victrix Ludorm – Anmari Greeff en Junior Victor Ludorm – Lourens Pieterse.

Individuele prestasies wat uitgesonder kan word was: Tristan Brits en Anmari Greeff wat in hulle onderskeie ouderdomsgroepe die 100m vryslag rekords verbeter het.

Die puntetellings vir die onderskeie spanne was as volg: Die wenners van die dag, die Blouspan, met 440 punte, tweede die Rooispan met 275 punte en kort op hul hakke die Witspan met 236 punte.

2022 Jan 18 HFM Gala Trofee wenners
Van links: Junior Victor Ludorm – Lourens Pieterse, Senior Victor Ludorm – Tristan Brits en Senior Victrix Ludorm – Anmari Greeff.

Foto’s: Hoërskool Frikkie Meyer Facebook-blad/hoerskoolfrikkiemeyer