EditorialFeatured

Buurtwagte juis suksesvol omdat regering hulle nie beheer nie

Die DA verwerp die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, se kommentaar oor die naweek dat buurtwagte strenger gereguleer moet word.

Die DA woordvoerder, Cilliers Brink DA LP, sê in ‘n mediaverklaring dat hierdie uitspraak wys hoe ver die premier verwyderd is van die situasie in sy provinsie.

Dit blyk ook asof die premier simpatie probeer toon met diegene wat meegedoen het aan die geweld en plundery wat honderde lewens geëis het en groot dele van die KZN-ekonomie verwoes het.

Buurtwagte is nie die probleem in KZN of enige ander provinsie nie. Buurtwagte het gemeenskappe beveilig toe die Suid-Afrikaanse polisie totaal afwesig was.

Die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe se onvermoë om lewens en besighede te beskerm was so duidelik soos daglig.

En hier is die punt wat Premier Zikalala blykbaar misgekyk het: buurtwagte is juis suksesvol omdat hulle nie deur die ANC-regering beheer word nie.

Hy moet eerder sy verklaring terugtrek en fokus op die herbou van sy provinsie – iets wat hy nie kan doen sonder die hulp en samewerking van gemeenskappe nie.