CommunityFeaturedHealth

Skole moet voorberei vir die terugkeer na tradisionele rooster

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het beheerliggame aangesê om skole voor te berei om later die maand na die tradisionele roosters terug te keer.

Volgens inligting wat die afgelope week in die Staat Gazette gepubliseer is, moet leerkragte vanaf 19 Julie 2021 klasse aanbied volgens die bestaande rooster-model vir elke skool.

Vanaf 26 Julie 2021 moet die tradisionele daaglikse bywoning en rooster-model weer geïmplementeer word. Hierdie besluit is deur die minister geneem in ’n poging om op te maak vir verlore onderwys-tyd.

Die meeste leerlinge in Suid-Afrika is tans nog op ’n skuif-skaal van klasbywoning terwyl daar van hulle verwag word om groot hoeveelhede kursusinligting tuis te verwerk in die lig van sosiale afstand vereistes.

Die departement van onderwys het daarop gewys dat, waar moontlik, onderwys buite die beperking van klaskamer aangebied kan word en dat beskikbare lokale aangewend moet word om te verhoed dat te veel leerlinge saam in beperkte spasies verkeer. Die beweging van leerlinge moet ook beperk word en daar moet eerder gekyk word na die rotering van leerkragte na die onderskeie klaskamers.

Volgens Motshekga het daar reeds heelwat onderwys-tyd verlore gegaan as gevolg van die Covid-19 pandemie en sal dit rampspoedig wees indien skole nie op 19 Junie weer mag heropen nie.

Die besluit hieroor sal egter deur die Gesondheids departement geneem word op grond van die status van die derde infeksie vlak in die land. Sy het ook genoem dat die onderwys departement nie onverantwoordelik sal optree in hul poging om meer leerlinge terug te bring skool-toe nie.

Volgens pres Ramaphosa se aankondiging verlede Sondag sal die nuwe beperkings vir 14 dae, tot 11 Julie 2021, geldig wees.