EntertainmentFeatured

Vadersdag: Trakteer hom met tradisionele geregte by Khaya Kwa

Die tyd om waardering vir die man in die huis te toon is hier met Vadersdag, Sondag 20 Junie 2021.

Khaya Kwa het vir hierdie spesiale dag twee tradisionele ‘smul-geregte’ op die spyskaart bygevoeg, naamlik heerlike tradisionele Skaap-kerrie afval of egte Kaap Maleisiese Hoender-kerrie om van te kies. Sien advertensies aangeheg.

Bring gerus die hele gesin saam om die dag saam te geniet. Vir die kleintjies is daar ’n lekke speelparkie om hulle besig te hou asook hulle eie spyskaart met geregte om van te kies.

Bespreek vroegtydig voor 12:00 Saterdag 19 Junie by 078 794 5896 om jou tafel te verseker.