FeaturedGeneral

Vyf vas wat hulle as polisiebeamptes voordoen

Vyf verdagtes het Dinsdag 18 Mei in die Thabazimbi Landdros verskyn op aanklagte dat hulle hulself ondermeer as polisiebeamptes voorgedoen het.

Die vyf verdagtes, waarvan die ouderdomme van 27 tot 44 wissel, is Maandag 17 Mei 2021 deur die polisie van die Hoopdal Polisiesstasie, naby Thabazimbi, by die Skierlik informele nedersetting by Sentrum gearresteer.

Volgens die polisiewoordvoerder, Lt kolonel Mamphaswa Seabi, het die Polisie ’n wenk ontvang oor verdagte persone wat hulle as polisiebeamptes by ’n plaaslike taverne voorhou en dat een van die verdagtes ’n weerkaatsende polisiebaadjie dra en gewapen is. Die polisie het onmiddellik reageer en die verdagtes is aangekeer terwyl hulle probeer het om in ’n Volkswagen Polo op die vlug te slaan.

Na ’n verdere ondersoek het die polisie op verskeie ander artikels beslag gelê wat in die voertuig gevind is. Dit het ingesluit ’n SAPD koeëlvaste baadjie, een SAPD somerlangbroek, twee konstabel rangtekens, een polisiegordel, ’n 9mm pistool, een magasyn, agt lewendige geweerpatrone en ’n weerkaatsende baadjie. Daar is ook beslag op die voertuig gelê.

Lt kolonel Seabi het voorts gesê dat die verdagtes verder ondersoek sal word om te bepaal of hulle voorheen by ander misdaad betrokke was. Die oorsprong van die items wat teruggevind word sal ook gedurende die opvolg ondersoek van die SAPD bevestig word.

Die klagtes wat teen die verdagtes ingedien is, sluit verder in: Die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie, bestuur onder die invloed van drank en die besit van verdagte gesteelde eiendom.

Die saak is tot Vrydag 21 Mei 2021 vir verdere ondersoek uitgestel.

Five Suspects Apprehended for Impersonating Police Officers

POLOKWANE- The Police in Hoopdal outside Thabazimbi today, arrested five suspects aged between 27 and 44 for allegedly impersonating police officers at Skierlik village in the Hoopdal policing area.

Police received a tip-off about the suspects who were masquerading as police officers at a local tavern and one of them armed with a firearm and wearing a police reflector jacket. They swiftly responded and five suspects were cornered and arrested while trying to flee from the scene in a VW Polo.

Police searched the vehicle and confiscated one (01) x Saps  bullet proof vest, one (01) x Saps summer pair of trousers, two( 02) x Constable rank structures, one (01) x police belt, 9mm pistol, one magazine, 08 rifle live ammunition, one reflector jacket and a motor vehicle.

The suspects will still be profiled to determine if they were previously involved in any other crimes. The origin of the recovered items will also be revealed by the ongoing police investigations.

The suspects appeared in Thabazimbi Magistrate’s Court Tuesday, 18 May 2021 facing charges of impersonating police officers, possession of unlawful firearm and ammunition, driving under the influence of liquor and possession of suspected stolen properties and the net court date was set for Friday 21 May 2021.

Police investigations are continuing.

Media Statement
South African Police Service
Office of the Provincial Commissioner Limpopo

Monday 17 May 2021