Gehoorverlies – Klankgrens by Medhof kan jou help
Statistieke wys dat bykans een uit elke drie ouer mense tussen die ouderdomme van 64 en 74 ’n mate van gehoorverlies ervaar en byna die helfte van mense ouer as 75 vind dit moeilik om te hoor.
Ouer mense wat sukkel met gehoor neig om depressief te word aangesien hulle gefrustreerd en skaam voel omdat hulle nie altyd kan volg wat gesê word nie. Soms dink mense dat die persoon verward is en nie reageer of hulle samewerking wil gee nie.
Dit kan tot erge spanning in die huishouding lei, selfs te meer indien die probleem geïdentifiseer is maar trots en ontkenning die ouer persoon verhoed om ’n gehoorapparaat te dra. Die woorde “Moenie op my skreeu nie”, is maar te goed bekend in sulke huishoudings en kan vermy word deur die ouer persoon te oortuig om self eerlik hieromtrent te wees.

Hoe weet jy of jy ’n gehoorprobleem het of nie
Jy het ’n gehoorprobleem indien jy:-
Sukkel om oor die telefoon te hoor wat gesê word
Gesprekke tussen twee ander mense moeilik volg
Gereeld vra dat iets herhaal moet word
Sukkel om te hoor indien daar te veel agtergrond lawaai is
Dink dat ander mense mompel as hulle met jou praat
Kan nie verstaan as ander lede van die huisgesin met jou praat nie
Gehoorverlies tree stelselmatig in met ouderdom en kan wissel van geringe verlies, soos om nie die hoë klanke van vroue- en kinderstemme te kan identifiseer nie, tot ’n algehele gehoorverlies.
Indien ’n probleem geïdentifiseer is, besoek Klankgrens by Medhof Apteek. Hulle sal ’n volledige toets doen om die mate van gehoorverlies in elke oor te bepaal en ’n aanbeveling maak oor die beste oplossing.
Praat met hulle oor die beste alternatief vir jou persoonlike behoefte. Moenie wag dat ’n onuithoubare situasie in die huis ontwikkel voordat jy iets daadwerklik doen nie – Maak sommer nou ’n afspraak en praat met die kundige mense.
Indien die mediesefonds nie gehoorapparate dek nie, betrek ander familielede en vriende – Wat kan nou ’n groter verjaarsdag- of Kersgeskenk wees as om iemand sy of haar gehoor terug te gee?
Vir iemand wat nie aan gehoorverlies ly nie is dit bykans ondenkbaar om die genot te beskryf van so ’n persoon om weereens die vrolike voëlsang soggens te hoor, so ook die jubel babbel van ’n baba of die vrolike gespeel van die kleinkinders.
Bron: Internet – Hearing Loss: A common Problem for Older Adults
