Kennisgewing van beplande wateronderbrekings vir Thabazimbi
Die Thabazimbi Munisipaliteit het ’n kennisgewing uitgestuur vir beplande wateronderbrekings vir Thabazimbi-dorp, Ipelegeng en Regorogile (alle uitbreidings).
Die onderbrekings word gedoen om die nodige installasie van die pype en ander nodige onderdele by die pas geboude klep-kamers af te handel. Terselfdertyd sal hierdie stelsel aan die bestaande waterpyplyn-netwerk gekoppel word.
Die onderbrekings is vanaf Dinsdag 9 Maart regdeur tot Dinsdag 25 Maart 2021 geskeduleer – Sien onder vir die kennisgewing en die skedule vir wateronderbrekings.
Onvoorsiene omstandighede kan daartoe lei dat ondebrekings wat nie geskeduleer is, mag voorkom in welke geval inligting aangaande die verandering in skedule deurgegee sal word.
Die Munisipaliteit versoek inwoners om water spaarsaamig te gebruik.