EditorialFeatured

Kommentaar: Verbruikers trek noustrop – kannie rekenings betaal

Die aantal verbruikers in Suid-Afrika wat die erge finansiële impak van die Covid-19 inperking ervaar, volgens data wat deur TransUnion vrygestel is, het drasties teen die einde van verlede jaar toegeneem.

Hierdie persentasie het tot 82 persent toegeneem, des nie teenstaande die feit dat die meeste industrieë weer ten volle operasioneel is. Hierdie persentasie is slegs twee persent laer as wat die syfer gedurende Junie 2020 was toe die inperking gelei het tot die sluiting van talle besighede, veral in die privaat sektor.

Sowat 37 persent van besighede wat tot dusver oorleef het, moes gedurende hierdie tydperk hulle werkure drastiese verlaag. Die meerderheid van hierdie besighede is in die kleinhandel, inligtingstegnologie, finansiële dienste en vervaardigingsindustrie.

Meer as die helfte van persone wat hul werk verloor het, is jong werkers wat gedurende die afgelope dekade of twee begin werk het. Sowat 40 persent van verbruikers wat hul werk verloor het, is in die kleinhandel, onderwys, konstruksie en restaurant en dergelike bedrywe.

Sluit hierby in die talle besighede in die gasvryheidsbedry wat steeds gebukkend gaan onder die verlies van internasionale besoekers en die algemene afplatting en beperking op besoekers, waar 66 persent van verbruikers minder op uiteet, reis en vermaak spandeer. Sowat twaalf persent van huiseienaars is bekommerd dat hulle nie meer in staat is om hul verbande aan banke en finansieringsinstansies terug te kan betaal nie, 27 persent kan nie meer hul huishuur bekostig nie, 27 persent kan nie meer versekering bekostig nie en 24 persent kan nie meer hulle mediesefondse of medisyne bekostig nie. Selfoon-diensverskaffers gaan ook aan die kort kant begin trek met sowat 28 persent van verbruikers wat aandui dat hulle nie selfoonrekenings kan betaal nie – dit is byna een derde van alle selfoongebruikers.

TransUnion sê dat 84 persent van verbruikers bekommerd is dat hulle nie hul rekenings kan vereffen of lening-terugbetalings kan maak nie, met sowat een uit elke drie verbruiker wat reeds elke maand ’n tekort aan fondse ondervind.

Die gemiddelde bedrag wat verbruikers maandeliks te kort skiet in die betaling van hul rekenings en lenings word gereken op meer as R7 000.

Die top drie rekenings en lenings wat onbetaal gaan bly is persoonlike lenings (37%), kleinhandel en klere rekenings (32%) en kredietkaartrekenings (32%).

In ’n poging om hul maandelikse uitgawes te beperk word inskrywingsgeld en lidmaatskap asook digitale dienste gekanselleer en sowat 26% van verbruikers dui aan dat hulle terugsny op hul pensioen- en spaarfondse.

Hierby moes agtien persent werkloosheidsversekering of afsnydingspakette aanvaar en sewentien persent het reeds hul pensioenspaargeld gebruik.

Met al hierdie fondse wat nou uitgeput is, is daar geen langtermyn oplossing nie, nie eens die verhoging in ouderdom van aftrede sal uitkoms bied nie.

Die aanlyn-opname is onder 1100 huishoudings in Gauteng gedoen. ’n Mens kan maar net verwag dat die toestand op die platteland hierdie syfers gaan onderskryf, indien nie vererger nie.

Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël

Lees meer – Read More

Read also: The biggest takeaways from Mboweni’s budget speech – including tax changes, and who will pay for Covid vaccines