Valentynsete met ’n Japanese geur by Khaya Kwa
Saterdagaand kon paartjies en vriende ’n heerlike Valentynsete by Khaya Kwa geniet met ’n voortreflike selfhelp Sushi-kroeg of ’n meer tradisionele driegang maal met ’n verskeidenheid van vleisgeregte.
Die Sushi was beslis die meer gewilde spyskaart en is keurig opgedien met ’n groot verskeidenheid Sushi geregte om van te kies en te keur.
Die alternatiewe-spyskaart van Beef fillet Tataki, Beef Takiyoki, Chicken Tsukune en Beef Terryaki is saam met jasmynrys bedien en kan beslis op sy eie herhaal word.
Dennis en Hantie Moshop met ouma se kleindogter, Frané, wat haar eerste verjaarsdag saam met die Valentynsete in ander ouma se restaurant geniet het. Die heerlike Sushi is op massiewe skinkborde voorgesit waar gaste hulle self kon help.
Die voorgereg op beide spyskaarte was Chicken Yakitori en is afgesluit met ’n heerlike aarbei nagereg, aangevul met ’n Mai Tai of Shirley Temple Skemerkelkie.
Gaste het weer ‘n slag heerlik tot toemaaktyd gekuier voordat hulle huiswaarts gekeer het.
Wayne en Sorada het die Valentynsete saam met vriende bygewoon. Carmen en Gert wat na Khaya Kwa weggebreek het vir die heerlike romantiese ete. Klaus en Benita het die Sushi spyskaart benut vir hulle romantiese aand saam. Rodney en Dominique het die Japanese tema baie geniet.
Khaya Kwa is beslis die restaurant waarheen jy bietjie kan wegbreek met ’n heerlike speelterrein en klimraam om die kinders besig te hou.
This Week’s Special – Until 21 February 2021
