Medhof Kliniek – Hoekom my kinders laat inent?

Almal wil net die beste vir hul kinders hê, hoekom dan nie hulle teen voorkombare gevaarlike siektes beskerm nie?

Vir jou eie gemoedsrus en vir hul gesondheid, verseker dat hulle al hul inentings op die regte tyd kry.

Sorg dat jou kind die lewensboei het van immunisasie – Gevorderde mediese navorsing kan jou kind deesdae teen baie meer siektes beskerm as voorheen en sommige siektes is sodanig uitgeroei dat dit nie meer ’n rol speel in seker wêrelddele nie.

So ’n siekte is polio, ’n gevaarlike siekte in talle lande, en wat nou in die meeste Westerse lande geen faktor is nie, net as gevolg van veilige en doeltreffende inenting.

Suid-Afrika het in ’n stadium ook onder hierdie lande gesorteer en dit is beter om inligting by jou geneesheer of plaaslike kliniek oor die noodsaaklikheid om dalk jou kinders hierteen te laat inent.

Die pyn van die prik van ’n naald en die paar trane wat deur die kind gestort word, is baie meer werd as die pyn van ’n oop graf en die trane wat jy stort – duisende kinders sterf jaarliks wêreldwyd as gevolg van masels en kinkhoes, hoofsaaklik onder babas wat te jonk is om geënt te word. Dit word gewoonlik veroorsaak deur kontak met kinders wat nooit teen die siekte ingeënt is nie.