Mboweni se begrotingstoespraak ontsluit – 10 key points from budget speech
Die lang-verwagte Mediumtermyn Begroting is uiteindelik deur die minister van finansies, Tito Mboweni onthul.
Volgens Biznews is daar 10 belangrike punte waarvan kennis geneem moet word.
Eerstens beplan Tesourie ’n vyf-jaar fiskale plan om die pad te baan vir ekonomiese groei terwyl die skuldlas onder beheer gebring word. Hierdie hersiende fiskale raamwerk is daarop gemik om die verhouding tussen skuld en die Nasionale Produk oor die volgende vyf jaar te stabiliseer.
Tweedens – Die Totale Nasionale skuld sal hierdie jaar styg vanaf R4 Triljoen (R4000 Miljard) tot R5.5 Triljoen (R5.500 Miljard) in 2023/24.
Derdens voorsien Tesourie om R6,2 Triljoen gedurende die 2021 Medium termyn uitgawe-raamwerk te spandeer. Hiervan gaan R1,2 Triljoen vir studie en kultuur, R978 Miljard aan gemeenskapsontwikkeling en R724 Miljard vir gesondheid.
Vierdens word voorsien dat die ekonomiese groei met 3,3% in 2021 sal groei, 1,7% in 2022 en 1,5% in 2023.
Die vyfde punt is dat vordering gemaak word om munisipaliteite toe te laat om elektrisiteit kragaankope van verskeie bronne af aan te koop. Altesaam 12,000MW kan deur onafhanklike kragopwekkers verskaf word.
Sesdens word ’n addisionele R6,7 Miljard toegewys aan die sosiale behuisingsprogram wat gemik is op die arm werkende Suid-Afrikaners.
Sewende op die lys is ’n studente behuisingsprogram van sowat R96 Miljard wat van stapel gestuur is en wat sowat 300,000 studente per jaar kan huisves sodra dit voltooi is.
In die agtsteplek is die hersiening van Regulasie 28 deur die regering om dit vir pensioenfondse makliker te maak om investering te verhoog in infrasruktuur terwyl daar steeds van trustees verwag sal word om die belange van die pensioenfondslede eerste te plaas.
Die twee hoogtepunte is naamlik dat R23 Miljard aan Eskom toegesê word en dat ’n R6,5 Miljard aan die sukkelende South African Airways toegesê word om hulle skuld en rente te betaal terwyl ’n addisionele R10,5 Miljard aangewend sal word om die reddingsplan te implementeer.