Editorial

Magashule familie-kontrakte – Ramaphosa se eer op die spel

Die toekenning van Covid-19 tenders aan die seuns van die ANC Sekretaris-generaal, Ace Magashule, is die ideale geleentheid vir die president om sy openbare verbintenis te wys om teen die wanpraktyke in die toekenning van Covid-19 kontrakte op te tree, sê die leier van die Demokratiese Alliansie in die Vrystaatse Wetgewer, dr. Roy Jankielsohn LP, wat die versoek om aksie te neem per brief aan Cyril Ramaphosa gerig het.

Twee seuns van Magashule is kontrakte toegeken om Covid-19 verwante produkte aan die Vrystaat se Provinsiale regering te verskaf. Tshepiso Magashule, direkteur van Motheko Projects, het seepoplossings en maskers en Marvel Deeds, waarvan Thato Magashule direkteur is, het hand saniteerders verskaf.

Jankielsohn sê in die brief dat die ANC voortgaan met sy Kader-beleid met Ace Magashule in die posisie om buitengewone invloed oor die aanstelling van senior amptenare en politici in die Vrystaat uit te oefen.

Die Magashule familie het boonop ’n swak rekord kragtens Vrystaat tenders wat insluit:
R3 miljoen se tender vir die sny van gras aan ME Construction, wat verskeie familielede en kaders betrek.
Magashule se dogter, Thoko Alice Malemba het ’n eiendom, wat ’n vulstasies insluit, ten bedrae van R9 miljoen deur die beweerde onetiese en onwettige invloed van die Vrystaat Ontwikkelingskorporasie (FDC) bekom. Die vulstasie is tans in onbruik en die voormalige personeel werkloos.
Die beweerde direkte betrokkenheid van Ace Magashule by die toekenning van die aantreklike R150 miljoen kontrak vir die ontwikkeling by die Vogelfontein Behuisingskema aan Unital Holdings waarin sy dogter, Thoko Malembe, ’n dertig persent aandeel het. Die projek is nooit voltooi nie.

Die bande met die Gupta familie is welbekend. Die Gupta verbintenis tot die Estina maatskappy word tans deur verskeie agentskappe kragtens die wanbesteding van honderde miljoene rande op die Vrede melkery Projek ondersoek.

Hierdie bande sluit Magashule se seuns, Tshepiso en Thato, in wat mildelik deur die Guptas beloon is met Tshepiso wat vir die Guptas gewerk en akkommodeer is.

Die brief sluit af deur Ramaphosa daarop te wys dat sy integriteit op die spel is en dat hy sy erns moet toon om teen ANC senior partylede op te tree.

Read More