ATKV-KunsteGrot Digitale Dramafees suksesvol aangebied
Die ATKV KunsteGrot Digitale Dramafees hoogtepunt was Donderdag 16 Julie toe deelnemers in die onderskeie Grade hul trofeë en medaljes tydens die toekenningsfunksie ontvang het.
Die studente se drama-afrigter en eienaar van die KunsteGrot, Rita Volschenk, het aan Kwêvoël gesê dat nes tydens die Pierneef Teater Digitale Kunstefees, is hierdie ATKV Digitale Dramafees ook binne die nuwe regulasies aangebied.
“In hierdie vreemde tye word dinge maar anders gedoen – Ons nuwe leuse: Pas aan en gaan aan,” het sy bygevoeg.
Rita het in kommentaar op die uitslae gesê dat onder moeilike omstandighede het die sewentien RiVo Dramastudente se selfdissipline en deursettingsvermoë duidelik na vore getree.
Ouers kon die geleentheid bywoon en elke gesin het aan hulle eie tafel gesit. Tydens die funksie is gesigmaskers gedra, hande ontsmet en sosiale afstande behou, alles binne die Covid-19 neergelegde reëls.
Die beoordelaar was die ervare Christo Potgieter van die RAB en in sy stemnota wat gedurende die geleentheid gespeel is, het hy die deelnemers geloof en gelukgewens met die hoë standaard van hul werk. Die beoordeling was ’n redelike taak deurdat tussen die 17 studente wat deelgeneem het, is 50 items beoordeel.
Hannes Coetzee van Thaba Superspar, hoofborg van die KunsteGrot, het die oorhandiging van die trofeë behartig. Die uitslae het 14 Kategoriewenners, vier Tofeewenners, 27 A++, 21 A+ en 2 A toekennings ingesluit.

Graad sewe deelnemers van links:

Graad agt deelnemers van links:

Graad nege deelnemers van links:

Graad tien deelnemers van links:

Graad elf deelnemer:

Foto regs:
Daar was net een deelnemer in hierdie Graad naamlik Ruben Viljoen –
Poësie A+, Prosa A+ en Monoloog A++ (kategoriewenner).
Graad twaalf deelnemers van links:
