AgriculturalHealth

Kragtige eienskappe van Tabakplant ondersoek om Covid-19 te beveg

Terwyl navorsers regoor die wêreld gemoeid is in ’n stryd om ’n entstof teen Covid-19 te ontwikkel, gebruik wetenskaplikes in Spanje ’n futuristiese benadering om met molekules pasgemaakte entstowwe en antibiotika te bou.

Die plant, Nicotiana Benthamiana, verwant aan die tabakplant, lewer positiewe resultate om hierdie pasgemaakte molekules te lewer om siektes te beveg.

Volgens die verklaring deur die Newcotiana Projek koördineerder, Diago Orzáez, word baie medisyne vandag uit plante onttrek, maar danksy nuwe biotegnologie is dit moontlik om ander substansies, anders as wat plante van nature produseer, uit die oorspronklike plantemateriaal te vervaardig.
Die projek word deur die Europese nasies gefinansier.

Dit word gedoen deur die invoeging van genetiese materiaal in die plant se genetiese samestelling. Die Nicotiana Benthamiana kom natuurlik in Australië voor en is reeds suksesvol gebruik in die vervaardiging van teenliggame vir virusse soos Ebola.

Deur die blare van die plant met ander DNA in te spuit, word die gene sodanig verander om spesifieke farmaseutiese produkte in groot hoeveelhede te vervaardig.

Kundiges sê dat hierdie benadering hou baie voordele in. Dit kan in groot hoeveelhede van die vereiste proteïene teen lae koste teenoor ander prosesse lewer en daarby is dit baie veilig.

Lees die oorspronklike artikel hier