Regslui sê Cyril se Bevelsraad dalk onwettig

Die regsgeldigheid van president Cyril Ramaphosa se Nasionale Bevelsraad en die manier waarop die raad besluite oor die inperkingsregulasie neem word deur twee top-advokate, Nazeer Cassim (SC) en Erin Richards bevraagteken.

British American Tobacco (BAT), die land se grootste sigaret verskaffer, en Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita) het ook hul regspanne gegee om twee afsonderlike dringende hofaansoeke in te dien teen die volgehoue verbod op sigarethandel.

Sakeliga wil ook ’n hofaansoek bring oor die kompleksiteit van die regulasie maar het die regering gevra vir ’n bemiddelingsproses daaroor terwyl die Demokratiese Alliansie (DA) ’n dringende hofbevel ingedien het dat die aansoeker se ras, ouderdom of gestremdheid nie as maatstaf gebruik mag word in enige ekonomiese of ander staatshulp tydens die Covid-19 pandemie nie.

Cassim en Richards voer in ’n brief aan Ramaphosa aan dat die geheimsinnige “Nasionale Bevelsraad” verreikende besluitnemingsmagte het soos blyk uit die aankondiging van Ramaphosa se ministers terwyl daar geen regsbasis vir die bestaan van die Nasionale Bevelsraad bestaan en dus geen parlementêre toesig is nie.

Terwyl die Nasionale Rampbestuurswet vereis dat dr Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, die enigste is wat regulasies uitvaardig, het die minister van Polisie, Bheki Cele, op 3 Mei die president se aankondiging op 1 Mei dat Vlak-4 van inperking geïmplementeer gaan word, tersyde gestel met die aankondiging date die Nasionale Bevelsraad die inperkingsregulasie hersien het.

Die brief lui voorts dat dit lyk asof  die Nasionale Bevelsraad in sy huidige vorm ’n sentralisering van mag vorm wat ontoelaatbaar is.

Lees die volledige berig hier