Vlak 4 Inperking – Steeds geen sigarette, erger met aandklokreël
Waarna almal uitgesien het, ’n verslapping van die inperking beperkings, het toe nie gebeur nie en Suid-Afrikaners vat Vlak-4 aan met die president se toestemming teruggetrek dat sigarette wel verkoop mag word. President Cyril Ramaphosa se toegewing soos in sy toespraak aangekondig, is deur die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosozana Dlamini-Zuma, wat dit duidelik gemaak het dat geen sigarette verkoop sal word nie, teruggetrek.
Die besluit is blykbaar geneem na aanleiding van die oorweldigende 2000 uit die 70 000 kommentare wat ontvang is, waar mense aangedui het dat sigarette verbied moet word aangesien dit sleg vir jou gesondheid is.
Ook is ’n aandklokreël, wat nie eens van sprake was met die Vlak-5 beperkings nie, ingestel en niemand mag op straat wees na 20:00 saans tot die volgende oggend 05:00.
Jy mag wel gaan stap of draf, nie verder as 5km vanaf jou huis nie, maar slegs tussen 06:00 en 09:00 soggens.
Die kleinsakesektor, eenmanbesighede en die informele sakesektor, wat gesamentlik die grootse werkgewer in die land is, mag steeds nie met hul bedrywe voortgaan nie en gaan ook nie staatshulp, buiten die karige SASSA hulp aan tydelike werkloses, ontvang nie.
’n Toegewing is darem gemaak dat die mense winterklere mag koop.
Verder bly dit basies dieselfde alhoewel dit ’n lywige dokument gevat het daarom uit te spel.
Restaurante mag darem nou kos op bestelling aflewer en wegneemetes word toegelaat. Algemene byeenkomste en plekke waar mense vergader word steeds verbied.
Hoop maar net die bepalings bly dieselfde tot môre toe – dalk wag daar vir ons almal ’n nuwe stel beperkings as ons opstaan.