Covid-19 – Sadtu vereis streng gesondheids maatreëls by skole
Met die eise wat South African Democratic Teachers Union (Sadtu) aan die departement van basiese- en hoër onderwys stel ten opsigte van gesondheids aangeleenthede met die donker wolk van die Covid-19 pandemie wat oor Suid-Afrika hang, wil dit so al voorkom asof Sadtu en sy lede die nie baie lus is om na die gedwonge reses terug skool toe te gaan nie.
Alhoewel die eise dalk nie onredelik is vir byeenkomste waar meer as 100 mense byeen is nie, is dit beslis nie haalbaar met die ekonomie wat op die ashoop lê nie.
Dit is beslis belangrik dat leerlinge en onderwysers ’n skandering vir Covid-19 moet ondergaan voordat hulle die skoolterrein betree en daarvoor word temperatuur skandeerders benodig.
Nog ’n eis is dat alles skole vooraf berook moet word om van goggas en peste ontslae te raak en daarna moet die hele perseel ontsmet word.
Hierby is ’n versoek dat basiese higiëne deel van die leerplan uitmaak met die klem daarop dat leerlinge se persoonlike higiëne die eerste aksie moet wees voordat onderwysers met hul dagtaak kan begin.
Alle klaskamers moet met ontsmettingsmiddels (“disinfectants” sowel as “sanitisers”) voorsien word wat deur die leerlinge, voordat hulle die klas betree en voordat hulle die klas weer verlaat, gebruik moet word.
Die departement moet inspring met werkskepping en meer personeel aanstel wat so gereeld as moontlik verantwoordelik is vir skoonmaak en ontsmetting van klaskamers, werkswinkels en kantore.
Skerms moet vir elke skoolbank voorsien word om te verhoed dat leerlinge aan mekaar probeer raak, of aan die skoolbank en die stoele. Al hierdie genoemde items moet ten alle tye ontsmet word.
Slegs hoë kwaliteit gesigmaskers is aanvaarbaar en daar moet toegesien word dat leerlinge hierdie maskers te alle tye sal dra, binne en buite die klaskamers.
Al hierdie toerusting moet gewaarborg wees voordat skole weer begin.
Die persoonlike afstand tussen leerlinge moet ten minste 1,2m tot 1,5m binne klaskamers en werkswinkels wees en dit is nie onderhandelbaar nie.
Die spasie tussen skoolbanke en die onderwyser, indien hy tussen die rye skoolbanke loop, moet ook in ooreenstemming met die aanvaarde persoonlike afstand vanaf die leerlinge wees.
Handboeke mag nie gedeel word nie aangesien dit gesondheidsrisiko’s vir die leerlinge inhou.
Die unie sê ook dat die veiligheid van die leerlinge hul eerste prioriteit by alle onderwysinstansies is aangesien lyke nie klas kan gee of geleerdheid kan ontvang nie.