GeneralTravel

Baba luiperds leer by ma hoe om pad oor te steek

’n Video wat in die Kruger Nasionale Park opgeneem is, doen tans die rondtes op Latest Sightings ter ondersteuning van die oproep dat diere nie hul hele lewe lank in hokke ingeperk moet word nie.

Dié ongelooflike rare gebeurtenis, waar die ma luiperd haar nuutgebore kleintjies leer en help om ’n pad oor te steek terwyl voertuie vir hulle geleentheid bied, is deur Tinus Delport en sy familie tydens ’n besoek aan die Kruger Nasionale Park waargeneem.

Die gesin het die park kort voordat die inperking van mense in Suid-Afrika afgekondig is besoek.

Sien die video by Latest Sightings