Seniorgroepe neem afskeid van ds JZ
Die Seniorgroep van Bosveld-Oord op Thabazimbi, die seniors van Sonskyn Oord en Huis Immergroen asook die senior lidmate van die NG Kerk Thabazimbi het Woensdag 18 Maart van ds JZ de Jager, medeleraar van die NG Kerk Thabazimbi gemeente, afskeid geneem.
Ds. JZ het ’n beroep na die NG Moedergemeente op Nelspruit aanvaar.

As predikant van die NG Thabazimbi gemeente het hy die gereelde biduur vir die seniors met ds Tinus Benadé, medeleraar van die NK Kerk, afgewissel met die Thabazimbi predikante van die Afrikaanse Protestante Kerk, Gereformeerde Kerk en die Nederduitch Hervormde Kerk Vliegepoort gemeente.
Die geleentheid is deur die Aliza-Aviela Bediening gereël en die NG Kerk se vrouens van die En Gee Kombuis het vir ’n groot verskeidenheid van verversings gesorg.
Ds JZ het hierdie laaste kuier saam met die seniors baie geniet en het ook ’n spesiale dankbetuiging aan die mense van Thabazimbi gerig.
Ds JZ het in 2016 die beroep as medeleraar van die NG Kerk Thabazimbi aanvaar waar hy as leraar van die Weltevreden gemeente in Babsfontein gedien het. Hy is toe op 6 Augustus 2016 as medeleraar op Thabazimbi in die beroep bevestig.
Sy bevestiging as predikant van die Moedergemeente Nelspruit sou op 5 April plaasvind en sal nou weens die inperking en verbod op publieke saamtrekke weens die coronavirus pandemie op ’n latere datum geskied.
Ds JZ en sy eggenote, Karla, en hul twee kinders, Marissa en Eben, sal eers na die opheffing van die inperking na Nelspruit verhuis.
Seniors van Thabazimbi wat die gereelde bidure ondersteun en die afskeidsfunksie bygewoon het
Van links: Yvonne van Niekerk, Hester Viljoen en Barbie Liebenberg.
Van links agter: Anitha en Sophie en voor Barbie Liebenberg, Marené Ehlers en Dieta Bronkhorst.
Van links agter: Anitha van der Sandt, Sophie Maritz, Ria Kok en Rachel Rivers. Voor: Dieta Bronkhorst, Lorainne Dorfling en Lynette Roets.Van links agter: Kobie Coetzee en voor, Willie saam met Soon de Clercq. Van links agter: Leon
en Tilla van Rheede van Oudtshoorn. Middel: Chris Bergsma, Alet Vorster, Marie Benadé en Annetjie Meintjies. Voor: Alba Griessel.Van links agter: Annetjie Meintjies en voor, Trix Dreyer, Marie du Plessis, wat die dag ook haar verjaardag gevier het, saam met haar dogter Marianne Rademan. Van links agter: Frans Parson en Tommie Potgieter. Middel: Alet de Bruyn, Wilma en Barry Smalberger met Chris Bergsma. Voor: Pietie en Ria Terblanch. Van links: Wilma en Barry Smalberger, Chris Bergsma, Alet Vorster en Marie. Voor: Babs van Wyk en Tillie la Grange
.Van links: Rachel Rivers, Hannie Bezuidenhout, Enna Joubert en Sussie du Plessis. Van links: Sussie du Plessis, Marthie Erasmus en Thea Steenkamp. Van links: Thea Steenkamp, Ansie en Anna Venter en Ronel Greef. Van die heerlike eetgoed wat deur die En-Gee-Kombuis voorberei is.
Afskeidsboodskap van ds JZ de Jager
Wanneer ek terug dink aan my tyd in NG Thabazimbi dan is daar ‘n diep dankbaarheid in my hart en gemoed. Dankie vir die warm Bosveld-omgee wat ons hier kon beleef. Die gemeente en haar mense het ‘n spesiale plekkie in my hart wat ek altyd sal koester en vir wie ons sal aanhou bid.
Die grootste voorreg van my werk is om op ‘n manier deel te hê in mense se verhale en ek dank die Here daarvoor dat julle my toegelaat het om dit ook hier te doen.
Mag die Here se genade, liefde en nabyheid altyd met julle wees en bly!
‘n Groot dank word uitgespreek teenoor die vrouens van En Gee Kombuis wat die eetgoed voorberei het naamlik Kobie Coetzee, Ronel Greeff, Annetjie Meintjies en die dames van Bosveld-oord, Tillie la Grange, Babs van Wyk en Dalien van der Westhuizen. Dankie ook aan Mona van Helsdingen, Lorraine Dorfling en Ria Kok wat die tafels gedek het.