CommunityHealth

Suid-Afrika is ‘n Voedselsekerland – Staak Paniekaankope

“Suid-Afrika is ‘n voedselseker land en verbruikers word aangemoedig om paniekaankope te midde van COVID-19 te staak”, die vertoë wat Agri SA aan die publiek rig om nie die winkelrakke leeg te koop nie.

Die organisasie sê verder dat die toename in COVID-19 gevalle in Suid-Afrika ‘n groot kommer vir almal is. Die stappe wat deur die regering geneem is om die verdere verspreiding van die virus te bekamp, moet deur almal ondersteun word.

Die instel van drastiese maatreëls word egter voorsien, indien die virus verder versprei.

Die landbousektor werk daarom saam met die regering om die voorsiening van vars en essensiële landbouprodukte te prioritiseer en te waarborg. Die waardekettings wat die produkte daagliks voorsien, het die nodige voorsorgmaatreëls in plek om werkers te beskerm en om voorraad deurlopend te skuif.

In geval van verdere inperkings, sal die oes, prosessering, verspreiding, aflewering en verkope van landbouprodukte en kruideniersware hiervan vrygestel word.

Sien aangeheg ‘n verdere verduideliking wat ten doel het om groter gerusstelling en bewustheid onder die wye publiek te weeg te bring.

Wees verseker dat die landbousektor midde van hierdie krisis sal voortgaan om ons land te voed. Saam sal ons dit oorkom.