HFM Dirigente doen dit weer by Interhoër
Die opkoms van HFM se dirigente by die Interhoër Atletiekbyeenkoms het uit die staanspoor die aandag van die toeskouers gehad toe hulle met vluguniforms, direk na die landing, met militêre dissipline aangetree het. Wat gevolg het, het niemand verwag nie,
Formasies is gevorm, met die presiesheid wat van ’n Top Gun vlieënier verwag word. Dit is gemaak, gebreek en weer in kleiner formasies opgestel totdat dit alles weer as een formasie die skouspel afgesluit het. Hierdie aanskoulike vertoning het verseker dat die Dirigente Opkomsbeker aan HFM behoort. Hier kan mens beslis verwys na die talentvolle Dajana van Damasa Dansskool wat jaar na jaar sorg vir puik vertonings deur die dirigente.
Die Interhoër-Slagveld was vanjaar die atletiekveld van Hoërskool Nylstroom waar sewe skole uit die Waterberg-kring teen mekaar in ’n kwaai stryd gewikkel was. Hierdie skole was Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi, Hoërskool Ellisras, Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Warmbad, Hoërskool Nylstroom en Hoërskool Hans Strydom.
Al die Frikkies op die paviljoen het hulle samewerking uit volle bors gegee en daardeur verseker dat ook die sangbeker vir die vyfde agtereenvolgende jaar in HFM se vertoonkas pryk.
Hierdie aanmoediging vir die atlete op die atletiekbaan het sy positiewe uitwerking gehad en Frikkie Meyer eindig saam met Piet Potgieter tweede, met Ellisras wat weereens as die wenner van die byeenkoms gekroon is.
Ellisras wen die byeenkoms met 653 punte gevolg deur HFM en Piet Potgieter met 637 punte en in die vierdeplek en Ben Viljoen met 633 punte. Hierdie vier skole se punteverskil is ’n duidelike aanduiding van die talent wat in die streek beskikbaar is
In die vyfdeplek was Nylstroom met 499 punte, sesde was Hans Strydom met 490 punte en sewende was Warmbad met 377 punte.
HFM se Senior dogters behaal ’n algehele tweedeplek met 213 punte teenoor Ben Viljoen se 222 punte. HFM se junior seuns behaal algehele tweedeplek met 151 punte teenoor Ellisras met 167 punte, maar dit is genoeg om HFM se seunior seuns saam te trek na ’n algehele tweedeplek vir HFM se seunspan met 328 en Ellisras eerste met 333 punte.
Die kersie op die koek vir HFM se seuns was sekerlik dat hulle die seuns aflosbeker gewen het.
Sedert 2001 het Frikkie Meyer slegs twee keer daarin geslaag om hierdie beker huis-toe te bring. Verlede jaar moes hulle met een punt verskil die beker aan Ellisras afstaan.
Vanjaar het die seunsaflosspanne seker gemaak en met ’n totaal van 28 punte teenoor 21 punte vir die skool naaste aan hulle, die beker vir HFM verseker.
Groot dank dan aan Elmien Fouché wat hard gewerk het aan die seunsaflosspanne om hierdie prestasie te bereik.
Die senior seunsaflosspan van HFM is dan ook as die beste seunsaflosspan tydens die geleentheid aangewys.
Atlete in aksie:
Verskeie atlete van Frikkie Meyer het meer as 800 punte op die Absa Tabel verdien. Hulle is:
Chanell Fouché Skyfwerp 963 punte; Kwena Morumudi 200m 877 punte, 100m 840 punte en 400m 829 punte; Junior Mkhabela 200m 836 punte en 100m 817 punte; Cara Pieterse gewigstoot 816 punte en Reneilwe Ntsmane 100m 815 punte.
Goue
medalje wenners was:
Seuns o/14 aflosspan; Chenell Fouché Skyfwerp Do/15, Amy –Leigh Pretorius 1500m
Do/15, Kwena Morumudi So/15 100m, 200m en 400m, Seuns o/15 aflosspan, Cara Pieterse
Do/16 gewigstoot, Inneke Mulder Do/17 400m, Charné van den Berg Do/17
Spiesgooi, Hennie Naudé So/17 driesprong, Fanie Swanepoel So/17 1500m en 800m
en Hazel Kennedy Do/19 100m hekkies en 400m hekkies.
As die medalje-oes in aanmerking geneem word, is dit duidelik dat die blote deelname van die leerlinge aan die interhoër ’n duidelike invloed op die finale telbord het.
Met die meeste goue medaljes het Ellisras voorgeloop met 32 medaljes maar met die medalje-oes was dit Ben Viljoen wat gespog het met 79 medaljes teenoor Ellisras se 74, Piet Potgieter se 68, Frikkie Meyer met 65, Nylstroom met 46, Hans Strydom met 43 en Warmbad met 40.
Nieteenstaande dit het HFM steeds die tweedeplek na afloop van die byeenkoms behaal.
Om hierdie rede het mnr. Colin Campbell, hoof van HFM, die sesde en sewende plekke wat deur atlete behaal is geprys. Die blote deelname van die leerling het punte vir die skool beteken en dit was die sewende-plek atlete wat Maandag tydens saalopening ’n spesiale erkenning vir hul deelname gekry het. Hulle was:
Carla Coetzee Do/14 200m, Carli Robbertse Do/14 verspring, Niché Röhrs Do/14 Skyfwerp, Willie Fourie So/14 1500m, Kagiso Moatshe So/14 800m, Amy-Leigh Pretorius Do/15 hoogspring, Jeselte van Rooyen So/15 hoogspring, June Annandale Do/16 100m, Conray Koopman, So/16 200m, Selemela Reabetse So/16 1500m, Luan von Wielligh So/16 Skyfwerp, Mienke Engelbrecht Do/17 Skyfwerp, Sariette Pretorius Do/17 Spiesgooi, Berto Meyer So/17 100m en So/17 Spiesgooi, Rykie Combrink Do/19 Skyfwerp en Ellen Swart Do/19 1500m.
Deelname is hier baie belangrik. Neem in ag dat die meeste van hierdie atlete in die junior afdelings meegeding het. Daar is dus baie geleentheid om met toewyding ook die top posisie te behaal. Neem ook in ag dat Rykie Combrink, nieteenstaande die feit dat sy die skool se beste gholfspeler is, steeds haar gewig by die atletiekspan ingooi om punte vir die skool op die atletiekveld te verdien.