Nuwe aanstellings by Hoërskool Frikkie Meyer
Hoërskool Frikkie Meyer verwelkom mnr Johan Smalberger (links op foto) as Sportorganiseerder (Ondersteuningspersoneel) asook mnr Renier Coetzee as Onderwysstudent en –Assistant (middel)
Johan is ‘n ervare sportbestuurder en ‘n welbekende oud-inwoner van Thabazimbi. Renier het op ‘n gevorderde leeftyd besluit om ‘n beroepsverandering te maak.
Heel regs is die hoof van Hoërskool Frikkie Meyer, mnr Colin Campbell, wat hulle amptelik verwelkom.
Daar word vertrou dat beide hierdie persone ‘n positiewe verskil sal maak by HFM.