Willie wil Wheelie trek baie na die KunsteGrot
Die akteur, Wynand van Vollenstee as Willie Reyneke, het byna ’n vol gehoor getrek na sy eenmanvertoning “Willie wil Wheelie” Saterdag 8 Februarie in die KunsteGrot op Thabazimbi.
Willie, die onderwyser wat die onderwys as sy roeping aangesien het om ’n verskil in jong lewens te maak, is na twee jaar se frustrasie van ongepoetste en ongemanierde skoolkinders heel gatvol en besluit dat hy maar op plan “B” moet inval en eerder se droom om ’n biker te word uit te leef.
Dit gaan nie so maklik nie toe hy besef hoeveel reëls van toepassing is om by hierdie bendes in te skakel. Dit was natuurlik nog die tyd van die “Ducktails”, toe die manne se hare vol Brylcream, so regoor agtertoe gekam is om ’n eende-stertjie laag in die nek te vorm.
Willie sluit aan by die Boksburg Brekers Bike Club en hier ontmoet hy die aantreklike sekretaris van die klub wat hom touwys maak. Een probleem, Willie het nog nie ’n bike nie en woon die Malkop Rally by om bietjie te voel hoe dit is om deel te wees van hierdie eksklusiewe groep rockers.