BusinessMotors

Steed 5 2.2 liter Facelift nou beskikbaar by GWM Rustenburg

Steeds padvas en taai – die nuwe Steed 5 2.2 liter enkelkajuit bakkies bied jou ’n werkesel wat regstaan vir harde werk, sonder die sweet.

Die nuwe 2.2 liter gee jou die ekstra vertroue om die langpad met gemoedrus aan te vat met die wete dat die opsionele ekstras soos lugversorging, nou standaard toerusting is en jou koel en doelgerig sal hou.

Toetsbestuur die Steed 5 2.2 nou by GWM Rustenburg, jy sal verras wees met jou ondervinding.

Steed 5 2.2Liter: Bly koel terwyl die bakkie hard werk

Meer as tien jaar het verloop sedert die eerste GWM Steeds 5 Enkelkajuit bakkies Suid-Afrikaners van ’n taai, swaardiens bakkie voorsien het. Die nuwe Steed 5 Facelift bakkies is nou voorsien van lugversorging en ’n kragstuur om die bestuurder koel, kalm en doelgerig te hou.

Met ’n werktuig wat hard kan werk in gedagte, gaan die Steed 5, nou toegerus met ’n 2.2 liter Petrol kragbron wat 73 kW en ’n handige 180 Nm. wringkrag teen 2400-2800 r.p.m. lewer, jou las verlig op die langpad waar veiligheid vir jou en jou vrag ’n groot rol speel.

Die beter verfynde ontwerp met sy groter, opgegradeerde sierrooster, laat steeds koppe draai. Die nuwe modelle beskik nou ook oor afstandbeheerde sentrale sluitstelsel, immobiliseerder, verstelbare veiligheidsgordels, radio met USB, elektriese vensters, elektries verstelbare kantspieëls asook elektries verstelbare kopligte.

Die meeste van hierdie standaard toevoegings is daar vir jou veiligheid, plus misligte om jou sig te verbeter tydens swak weerstoestande.
Die dryfkrag word deur ’n vyfspoed handratkas beskikbaar gestel met ’n gemiddelde petrolverbruik van 9.9 liter/100km.
Die vragruim is dubbel geïnsuleerd met genoegsame ankerpunte om die vrag behoorlik vas te maak.
Met al hierdie bykomstighede wat standaard aan die nuwe Facelift Steed 5 Enkelkajuit bakkie op intreevlak is, gaan dit beslis die sweet verwyder uit ’n rowwe, harde dag se werk.

Die kajuit is ontwerp vir genoeg kop, skouer en beenspasie. Met twee skottelsitplekke en ’n netjiese, handige opgestopte sentrale konsole, wat ook die doel dien van ’n ruim bergings-area tussen die sitplekke, is daar nog talle ander plekkies waar allerlei goed geberg kan word.

Meeste modelle is voorsien van ’n verhitte agterruit terwyl die 2.2 MPi model onder andere met ’n radio/CD-speler met USB/SD ondersteuning toegerus is.

Waarborg is vir 5 Jaar of 100 000km terwyl padbystand vir 5 jaar geldig is, ongeag kilometers. Diensplan is opsioneel en die diensintervalle is 15 000km.

Die Steed 5 2.2 Enkelkajuitbakkie is goed geplaas is sy marksegment. Reël nou vir ’n toetsrit by GWM Rustenburg en oortuig jouself.

Foto’s: Quickpic / GWM