Motors

Land Spoedrekord die teiken met nuwe voertuig

’n Aanslag op die amptelike wêreld land-spoedrekord van 763 mph (1,228 kph) is in die visier van die toetse wat vir die res van die maand op Hakskeenpan in die Noord-Kaap sal plaasvind.

Bloomberg berig dat die Bloodhound Straal-aangedrewe motor reeds op Hakskeenpan, ’n droë soutpan, aangekom het. Hier sal die span van 25 lede toetse met die voertuig uitvoer waar daar hopelik snelhede vinniger as 500 mph aangeteken sal word.

Die aanslag om die rekord te verbeter en dalk op te stoot tot 1,000 mph sal binne die volgende 12 tot 18 maande gedoen word.

Die voertuig is toegerus met ’n Rolls-Royce EJ200 straalenjin, dieselfde as waarmee die Eurofighter vegvliegtuie toegerus is. Die stukrag wat die enjin ontwikkel is gelykstaande aan die krag wat deur 360 standaard motorvoertuie gelewer word.

Die huidige wêreldrekord word gehou deur ’n Brits-vervaardigde straalaangedrewe motorvoertuig wat ook die eerste landvoertuig was wat deur die klankgrens gebreek het.

Hierdie rekord is in 1997 by Black Rock Desert in Nevada, VSA, opgestel.