Winter Wonderland tema vir Matrieks
Hoërskool Frikkie Meyer het vir oulaas die winter afgesluit met ’n ware Winter Wonderland tema vir hulle Matriek-afskeid.
Dit is duidelik dat elke matrikulant dit ten volle geniet het en soos gewoonlik het die meisies en hul geselle uitgedos opgedaag soos wat jy jou matriekjaar wil onthou.
Opmerklik was die elegante lang vloeiende tabberds wat soos sneeu-vlae uitgesprei het soos hulle gedraai en geswaai het.
San-Maré Sauer saam met Van Zyl Fouché by Hoërskool Frikkie Meyer se matriekafskeid – 21 September 2019.
Charlize van Niekerk en haar vriendin Daneel Jacobs is reg vir Hoërskool Frikkie Meyer se Matriekafskeid-funksie. Op die foto’s is Daneel, regs, saam met haar beste vriendin, Charlize, wat elegant daar uitsien.
Johann en Debbie het met ‘n Chevrolet Camaro Z28 opgedaag.
Alanize Teessen en Francois Stemmet – Matriek Afskeid 2019 Hoërskool Frikkie Meyer – het in ‘n Hummer opgedaag.
Johan Breytenbach – HFM met die afslaandak Peugeot wat sy voertuig na die funksie was.
Mark de Bruin, leerling van Hoërskool Frikkie Meyer, het sy vriendin, Lee Schultz van Hoërskool Noordheuwel, saam geneem na sy matriekafskeid. Hy sê dat dit baie pret was en dit was beslis een van die belangrikste dae in sy hoërskool-loopbaan. Hy glo ook elke ander leerling van HFM sal dieselfde sê. Hy prys ook die kelners en onderwysers wat vreeslik hard gewerk het om aand so spesiaal as moontlik te maak en reken dat die 2019 matriekafskeid die beste was wat Frikkie Meyer nog ooit gehad het.