Kommentaar: Xenofobie vier hoogty in Johannesburg
Die Afrika weergawe van die Wêreld Ekonomies Forum wat vandag , 4 September, in Kaapstad in Kaapstad afgeskop het, is deur verskeie Afrika-lande geboikot vanweë die xenofobiese geweld wat die land sedert verlede week teister.
Nadat Pretoria aanvanklik hieronder deurgeloop het toe taxi-operateurs buitelanders se besighede aangeval het aangesien hulle die gebied glo van dwelmhandelaars wou skoonmaak.
Dit het verlede week oorgewaai na Johannesburg toe die metropolisie bygestaan deur die polisie se middestad beslag gelê het op sowat R15 miljoen se nagemaakte goedere soos juweliersware, sporttoerusting en memorabilia. Hierdie onwettige handel skep werk vir buitelanders en winkeleienaars in die middestad.
Die xenofobiese aanvalle het nou deur die hele Gauteng versprei aangesien swart Suid-Afrikaners ongelukkig is omdat hulle beweer dat hulle deur hierdie buitelanders van werkgeleenthede ontneem sou word.
Die metro het intussen ook die departement van binnelandse sake versoek om onwettige immigrante uit die stad te verwyder aangesien hulle nie belasting of BTW betaal nie en ook nie mense in hulle diens volgens wet registreer vir werkloosheidsversekering persoonlike belasting en ander wetlike vereistes nie.
Die Suid-Afrikaanse minister van gemeenskapsontwikkeling, Lindiwe Zulu, het aan die BBC gesê dat Suid-Afrika het ’n magneet vir migrerende mense uit ander dele van Afrika geword. Die oproeriges is bang dat hulle hul werk ten koste van hierdie mense sal verloor.
Baie van hierdie buitelanders sê dat hulle reeds oor Suid-Afrikaanse burgerskap beskik maar dat hulle besighede steeds geteister word.
Intussen het Zambië die land se vragmotorbestuurders, waarvan baie vrag na Durban se uitvoerhawe vervoer, gewaarsku om nie Suid-Afrika se paaie te betree nie.
’n Woordvoerder van die Forum het blykbaar bevestig dar die regerings van Malawië en Rwanda nie die Forum sal bywoon nie. Gerugte dat die Demokratiese Republiek van die Kongo hom ook van die samespreking onttrek het doen ook die rondte terwyl die regering van Nigerië ’n sterk waarskuwing aan die Suid-Afrikaanse regering gerig het dat hulle sal “besliste maatreëls” tref om die veiligheid van hulle burgers in Suid-Afrika te verseker.
Dit is terwyl verskeie Shoprite winkels in Suid-Afrika, Nigerië en Zambië vandag gesluit was as gevolg van verwagte protesaksies wat gewoonlik gepaard gaan met plundery asook groot skade wat aan die winkels die afgelope 24 uur aangerig is waardeur die lewens van miljoene wetsgehoorsame mense ingeperk word.
Dit is veral winkels in Suid-Afrika wat onder plundery deurgeloop het, dit terwyl onlustepolisie die gebiede probeer beveilig het.
Die Nigerian President Muhammadu Buhari, het sy minister van buitelandse sake, Geoffrey Onyeama, opdrag gegee om Suid-Afrika se Hoëkommissaris in Nigerië te ontbied en te verduidelik wat die situasie in Suid-Afrika is.
Buhari het ook ‘n spesiale afvaardiging na Suid-Afrika gestuur om sy misnoeë aangaande die behandeling van sy burgers aan president Cyril Ramaphosa oor te dra. Die konvooi is veronderstel om more, 5 September in Suid-Afrika te land.