KunsteGrot Kunstefees lê die fondasie vir jong kunstenaars
Die KunsteGrot Kunstefees is nou reeds ’n jaarlikse instelling wat oorgeneem het waar die voormalige Bosveld Kunswedstryd, wat vir etlike jare as ’n gesamentlike poging deur die laerskole in die Thabazimbi omtrek aangebied is, die fondasie gelê het.
Vanaf 1990 was dit bekend as Thabazimbi Kunste Eisteddfod wat vanaf Laerskool Thabazimbi aangebied is en vanaf 2014 tot 2018 voortgesit is deur Rita Volschenk vanaf die KunsteGrot.
Al die afdelings van die Kunste is aangebied, nl. Drama, Musiek, Kuns, Redenaars, Dans. Na afloop van die 2018 Eisteddfod het sy besluit om slegs met die Drama Afdeling voort te gaan en so het die KunsteGrot Kunstefees ontstaan.
Die res van die Thabazimbi Eisteddfod is aan Laerskool Thabazimbi en Hoërskool Frikkie Meyer oorhandig.
Drama Afdelings waarin hoër- en laerskoolleerlinge kon meeding was Poësie, Gedramatiseerde Poësie, Prosa, Monoloë en Samespraak.
Om so iets man-alleen te organiseer verdien harde werk, onbaatsugtige liefde vir die saak en daarbý ure se afrigting om leerlinge voor te berei vir die Kunstefees.
Onafhanklike, professionele beoordelaars word aangestel en die kinders het beslis die punte verdien wat aan hulle toegeken is. ’n Groot klop op die skouer van Rita Volschenk vir haar onbaatsugtige geduld en insette om die uitvoerende kunste steeds onder die gemeenskap se kinders te bevorder.
’n Groot dankie ook aan die ouers wat haar so goed ondersteun om te verseker dat die kinders wat eendag op die verhoog as bedrewe akteurs gaan staan om ons te vermaak, se eerste gietstukke om aan hulle vorm te verleen, by Thabazimbi KunsteGrot gegiet is.
Poësie: Gr 1 Odelea van der Nest (Afdeling Wenner) en Kaitlyn Botha A++. Poësie Gr 2 Mia-Miné du Plessis (Afdeling Wenner) en Liané Thuynsma A++. : Poësie Gr 3 Martelize Groenewald A++, Duan van der Nest (Afdeling Wenner) en Lara Ellis A++. Poësie Gr 4 van links: Daniëlle Fourie A++ Taryn Stander A++ en Gert-Hendrik du Plessis (Afdeling Wenner).
Gedramatiseerde Poësie: Al die deelnemers het met A++ geslaag, van links: Martelize Groenewald Gr 3, Mia-Miné du Plessis Gr 2, Duan van der Nest Gr 3 en Kaitlyn Botha Gr 1. Gedramatiseerde Poësie – Afdeling Wenners van links: Lara Ellis Gr 3, Marianey du Plessis Gr RR, Liané Thuynsma Gr 2 en Odelea van der Nest Gr 1.
Prosa: Al die prosa leerlinge wat A++ behaal het van links: Martelize Groenewald Gr 3, Duan van der Nest Gr 3, Odelea van der Nest Gr 1 en Elouise Groenewald Gr 1. Prosa Afdeling Wenners van links: Lara Ellis Gr 3 en Milan Stander Gr 1. Samespraak: Gr 3: Lara Ellis en Duan van der Nest A++ asook die Afdeling wenners Gedramatiseerde Poësie: Gr 4 en 5: Gert-Hendrik du Plessis (Gr 4 – Afdeling Wenner), Taryn Stander Gr 4 A++ en Fredricko Pelser (Gr 5 Afdeling Wenner).
Poësie Gr 5: Lize Venter (Afdeling Wenner) Poësie Gr 6: Jarianca du Plessis (Afdeling Wenner) en Nicolet Trichardt A++. Poësie: Jarianca du Plessis Gr 6 en Natalie de Castro Gr 7. Poësie Gr 7: Nickie Lintvelt A++, Natalie de Castro (Afdeling Wenner) en Kieran Soares A++.
Gedramatiseerde Poësie: Jarianca du Plessis Afdeling Wenner. Gedramatiseerde Poësie Gr 7 Kieran Soares (Afdeling Wenner) Gedramatiseerde Poësie Gr 6 Nicolet Trichardt A++ Monoloë – Gr 6 van links: Nicolet Trichardt A++ en Jarianca du Plessis (Afd. Wenner). Gr 4: Taryn Stander, Gr 5: Lize Venter (Afdeling Wenner) en Gert-Hendrik du Plessis (Afdeling Wenner).
Gedramatiseerde Prosa Gr 5: Lize Venter (Afdeling Wenner). Samespraak Gr 5 van links: Lize Venter en Carla Horn (Afdeling Wenners). Prosa: Natalie de Castro Gr 7. Sy was die enigste wat A++ behaal het!
Prosa Gr 4: Taryn Stander A++, Daniëlle Fourie (Afdeling Wenner), Gert-Hendrik du Plessis A++, en Jason Fourie A+.