HFM Eerste Hokkiespan vir Noordvaal
Hoërskool Frikkie Meyer se Eerste Hokkiespan gaan vanaf 1 Augustus tot 3 Augustus 2019 aan die Noordvaal Hokkie Kampioenskappe deelneem.
Hoërskool Frikkie Meyer sal in die medium-afdeling meeding in die kampioenskappe wat by Hoërskool Ligbron in Ermelo aangebied word.
Hierdie kampioenskap is vir skole uit die provinsies Noord van die Vaalrivier. Vir die Gr 12 leerlinge sal dit die vyfde Noordvaal kampioenskap wees waarin hulle gaan deelneem. Die Noordvaal is vir hokkies soos wat die Beeld-trofee vir die ruby is.
Tydens hierdie kampioenskappe sal Frikkie Meyer se spanne teen die top skole in Gauteng, Noordwes en Mpumalanga te staan kom.
Buiten Hoërskool Frikkie Meyer het verskeie skole tot dusver bekend gemaak dat hulle die Noordvaal kampioenskappe gaan bywoon.
Die skole is: Ben Viljoen, Stanford Lake College, Ben Vorster, Hoërskool Florida, Hoogenhout, Hoërskool Klerksdorp, Ou Hoër Rustenburg, Marigon en Hoërskole Alberton, Standerton, Volksrust en Delmas. Twee skole moet nog hulle deelname bevestig.
Foto’s: Facebook Hoërskool Frikkie Meyer